Bybel in Afrikaans (1983-vertaling)
⛶Die Woord vir Vrydag 7 Augustus 2026
Dawid sing sy loflied:
Ek kies as my amptenare dié in die land wat op God vertrou; die man wat opreg lewe, hy kan in my diens wees.
Psalm 101:6
Hy is die getroue God, sonder onreg, Hy is regverdig en betroubaar.
Deuteronomium 32:4
Psalm 101
| 5 Wie sy naaste beskinder, wil ek uitwis. Hoogmoed en vermetelheid verdra ek nie. |
| 6 Ek kies as my amptenare dié in die land wat op God vertrou; die man wat opreg lewe, hy kan in my diens wees. |
| 7 Geen bedrieër sal in my paleis diens doen nie, geen leuenaar kan my dien nie. |
Deuteronomium 32
| 3 Ek wil die Naam van die Here roem. Prys ons God om sy grootheid! |
| 4 Hy is die Rots, sy werk is volmaak, alles wat Hy doen, is regverdig. Hy is die getroue God, sonder onreg, Hy is regverdig en betroubaar. |
| 5 "Israel is ontrou aan die Here, nie meer sy kinders nie, nie geskik vir sy diens nie, vals en korrup. |