Skip navigation and move to Contents...

Bybel in Afrikaans (1983-vertaling)

⛶Die Woord vir Sondag 4 Oktober 2026

Waarlik, sy toorn duur net 'n oomblik, maar sy goedheid lewenslank. Gisteraand was daar nog trane en vanmôre lag ek al weer.

Psalm 30:6

Wie in die Seun glo, het die ewige lewe; wie egter aan die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die straf van God bly op hom.

Johannes 3:36

Psalm 30

5 Sing tot eer van die Here, julle wat Hom getrou dien, loof sy heilige Naam!
6 Waarlik, sy toorn duur net 'n oomblik, maar sy goedheid lewenslank. Gisteraand was daar nog trane en vanmôre lag ek al weer.
7 Toe dit goed gegaan het, het ek wel gesê: "Niks sal my ooit laat wankel nie."

Johannes 3

35 Die Vader het die Seun lief en het alles in sy hand gegee.
36 Wie in die Seun glo, het die ewige lewe; wie egter aan die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die straf van God bly op hom."
af Bybel in Afrikaans (1983-vertaling)