Skip navigation and move to Contents...

Bybel in Afrikaans (1983-vertaling)

⛶Die Woord vir Vrydag 16 Oktober 2026

Bet-El beteken "Huis van God":

Jakob het die plek waar God met hom gepraat het, Bet-El genoem.

Genesis 35:15

Hagar het toe die Naam van die Here wat daar met haar gepraat het, aangeroep en gesê: "U is 'n God wat my sien."

Genesis 16:13

Genesis 35

14 het Jakob 'n klip regop gesit, presies op die plek waar die Here met hom gepraat het. Hy het 'n drankoffer daarop uitgegiet en ook olie.
15 Hy het die plek waar God met hom gepraat het, Bet-El genoem.
16 Jakob-hulle het van Bet-El af getrek na Efrata toe. Hulle was nog 'n ent daarvandaan toe bring Ragel 'n kind in die wêreld. Dit was 'n moeilike geboorte.

Genesis 16

12 Jou seun sal 'n man wees so ontembaar soos 'n wildedonkie: hy sal teen almal wees, en almal sal teen hom wees. Hy sal in vyandskap leef met sy bloedverwante."
13 Hagar het toe die Naam van die Here wat daar met haar gepraat het, aangeroep en gesê: "U is 'n God wat my sien, hier het ek Hom gesien wat my gesien het."
14 Daarom word die fontein genoem Lagai-Roï-fontein. Die fontein is tussen Kades en Bered.
af Bybel in Afrikaans (1983-vertaling)