Skip navigation and move to Contents...
Bible 2.0 Scripture explains itself Bible 2.0

"Die Woord" van bible2.net - twee aanvullende Bybeltekste vir elke dag van die jaar

  • for your daily Bible reading: two verses complement each other
  • display God's word on your website
  • read God's word in dialects

Die Woord vir Saterdag 31 Januarie 2026

Hoog bo die geraas van baie waters, hoog bo die golwe van die see, troon die Here in sy koninklike mag.

Psalm 93:4

Jesus het toe by hulle in die skuit geklim, en die wind het gaan lê. Hulle was heeltemal uit die veld geslaan.

Markus 6:51

Psalm 93

3 Riviere het gedruis, Here, riviere het gedruis, riviere het gedreun,
4 maar hoog bo die geraas van baie waters, hoog bo die golwe van die see, troon die Here in sy koninklike mag.
5 U verordeninge staan baie vas. Heiligheid versier u huis, Here, tot in lengte van dae.

Markus 6

50 want hulle het Hom almal gesien en groot geskrik. Maar Hy het dadelik met hulle gepraat en vir hulle gesê: "Wees gerus, dit is Ek. Moenie bang wees nie."
51 Hy het toe by hulle in die skuit geklim, en die wind het gaan lê. Hulle was heeltemal uit die veld geslaan,
52 want hulle het nie werklik verstaan wat die vermeerdering van die brood beteken nie; hulle kon dit nog nie begryp nie.

"Die Woord" van bible2.net

  • vir elke dag van die jaar twee aanvullende Bybelverse
  • goed leesbaar op onderskeidelike reëls gerangskik
  • op die slimfoon, tablet of rekenaar, as e-boek, kalender nota en sluimerskerm
  • asook op u webwerf
  • in meer as 25 tale en Bybelvertalings
  • kosteloos
  • Die Woord is ʼn voorsmaak vir die volledige Bybel. Dis ʼn daaglikse impuls, om God persoonlik te ontmoet!

More About us...