Bybel in Afrikaans (1983-vertaling)
⛶Die Woord vir Sondag 18 Oktober 2026
Jesus het uitgeroep:
"Ek het nie uit my eie gepraat nie, maar juis die Vader wat My gestuur het, het My opgedra wat Ek moet sê en wat Ek moet praat."
Johannes 12:49
Petrus en Johannes het vir die Raad gesê:
Wat ons betref, dit is onmoontlik om nie te praat oor wat ons gesien en gehoor het nie.
Handelinge 4:20
Johannes 12
| 48 Wie My verwerp en nie my woorde aanneem nie, het reeds iets wat hom veroordeel: die woorde wat Ek gespreek het, sal hom op die laaste dag veroordeel. |
| 49 Ek het nie uit my eie gepraat nie, maar juis die Vader wat My gestuur het, het My opgedra wat Ek moet sê en wat Ek moet praat. |
| 50 En Ek weet dat sy opdrag die ewige lewe beteken. Wat Ek sê, sê Ek presies net soos die Vader dit vir My gesê het." |
Handelinge 4
| 19 Maar Petrus en Johannes het vir hulle gesê: "Julle moet maar self besluit wat voor God reg is: om aan júlle gehoorsaam te wees of aan God. |
| 20 Wat ons betref, dit is onmoontlik om nie te praat oor wat ons gesien en gehoor het nie." |
| 21 Nadat die Raad die apostels daarby nog ernstig gedreig het, het hulle hulle losgelaat. Hulle het dit gedoen omdat hulle geen rede kon vind om hulle te straf nie en vanweë die houding van die volk, want al die mense het God geprys oor wat daar gebeur het. |