Skip navigation and move to Contents...

Bybel in Afrikaans (1983-vertaling)

Die Woord vir Dinsdag 25 Augustus 2026

Om u wil te doen, my God, is my een begeerte, u woord is my hele lewe.

Psalm 40:9

Maria sê toe: "Ek is tot beskikking van die Here. Laat met my gebeur wat u gesê het."

Lukas 1:38

Psalm 40

8 Daarom het ek gesê: "Hier het ek gekom soos dit in die boekrol vir my voorgeskrywe is.
9 Om u wil te doen, my God, is my een begeerte, u woord is my hele lewe."
10 Met blydskap het ek aan die gemeente vertel U het my verlos. Ek het nie stilgebly nie, Here, U weet dit!

Lukas 1

37 Niks is vir God onmoontlik nie."
38 Maria sê toe: "Ek is tot beskikking van die Here. Laat met my gebeur wat u gesê het." Toe het die engel van haar af weggegaan.
39 Maria het haar sonder versuim gereed gemaak en haastig na 'n dorp in die bergstreek van Judea gegaan.
af Bybel in Afrikaans (1983-vertaling)