Skip navigation and move to Contents...
Bible 2.0 Scripture explains itself Bible 2.0

<< >> Die Woord vir Maandag 8 Desember 2025

Bybel in Afrikaans (1983-vertaling)

Die ewige God is 'n skuilplek, sy arms is altyd onder jou.

Deuteronomium 33:27

Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid.

Hebreërs 13:8

Deuteronomium 33 (Bybel in Afrikaans (1983-vertaling))

24 Oor Aser het Moses gesê: "Aser is meer geseënd as die ander seuns, hy is die gunsteling onder sy broers en hy sal sy voete met olie was.
25 Jou sluitbalke is van yster en brons. Mag jy jou lewe lank rustig woon.
26 "Jesurun, daar is niemand soos God nie, Hy ry deur die hemel om jou te kom help, in sy majesteit ry Hy op die wolke.
27 Die ewige God is 'n skuilplek, sy arms is altyd onder jou. Hy verdryf die vyand voor jou uit, Hy beveel: 'Roei uit!'
28 Daarom woon Israel rustig, woon die nasate van Jakob eenkant in 'n land van koring en wyn en drup die hemel dou.
29 Dit gaan goed met jou, Israel! Wie is soos jy? Jy is 'n volk wat deur die Here verlos is! Hy beskerm en help jou. Hy gee mag aan jou, jou vyande kruip voor jou, en jy sal oor hulle offerplekke stap."

Read more...(to top)

Hebreërs 13 (Bybel in Afrikaans (1983-vertaling))

5 Hou julle lewe vry van geldgierigheid; wees tevrede met wat julle het. God self het gesê: "Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie."
6 Daarom kan ons met vertroue sê: "Die Here is my helper, ek ken geen vrees nie: wat kan 'n mens aan my doen?"
7 Dink aan julle voorgangers wat die woord van God aan julle verkondig het. Let op hulle lewenswandel tot die einde toe, en volg die voorbeeld van geloof wat hulle gestel het.
8 Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid.
9 Moet julle nie laat meevoer deur allerhande vreemde leringe nie. Die goeie is daarin geleë dat die hart deur genade versterk word, nie deur eetgebruike nie. Dié wat hulle aan hierdie gebruike gehou het, het niks daarby gebaat nie.
10 Ons het 'n altaar waarvan dié wat nog die offerdiens volgens die ou orde verrig, nie die reg het om te eet nie.
11 Die bloed van die offerdiere word deur die hoëpriester in die heiligdom ingebring vir die sonde, maar hulle liggame word buitekant die laer verbrand.

Read more...(to top)

Other Bible Editions

Select...

English Standard Version

The eternal God is your dwelling place, and underneath are the everlasting arms.

Deuteronomy 33:27

Jesus Christ is the same yesterday and today and forever.

Hebrews 13:8

Deuteronomium 33 (English Standard Version)

24 And of Asher he said,
“Most blessed of sons be Asher;
let him be the favorite of his brothers,
and let him dip his foot in oil.
25 Your bars shall be iron and bronze,
and as your days, so shall your strength be.
26 “There is none like God, O Jeshurun,
who rides through the heavens to your help,
through the skies in his majesty.
27 The eternal God is your dwelling place,
and underneath are the everlasting arms.
And he thrust out the enemy before you
and said, Destroy.
28 So Israel lived in safety,
Jacob lived alone,
in a land of grain and wine,
whose heavens drop down dew.
29 Happy are you, O Israel! Who is like you,
a people saved by the Lord,
the shield of your help,
and the sword of your triumph!
Your enemies shall come fawning to you,
and you shall tread upon their backs.”

Read more...(to top)

Hebreërs 13 (English Standard Version)

5 Keep your life free from love of money, and be content with what you have, for he has said, “I will never leave you nor forsake you.”
6 So we can confidently say,
“The Lord is my helper;
I will not fear;
what can man do to me?”
7 Remember your leaders, those who spoke to you the word of God. Consider the outcome of their way of life, and imitate their faith.
8 Jesus Christ is the same yesterday and today and forever.
9 Do not be led away by diverse and strange teachings, for it is good for the heart to be strengthened by grace, not by foods, which have not benefited those devoted to them.
10 We have an altar from which those who serve the tent have no right to eat.
11 For the bodies of those animals whose blood is brought into the holy places by the high priest as a sacrifice for sin are burned outside the camp.

Read more...(to top)