Skip navigation and move to Contents...
Bible 2.0 Scripture explains itself Bible 2.0

<< >> Die Woord vir Vrydag 23 Januarie 2026

Bybel in Afrikaans (1983-vertaling)

Tog het hy óns lyding op hom geneem, óns siektes het hy gedra. Maar ons het hom beskou as een wat gestraf word, wat deur God geslaan en gepynig word.

Jesaja 53:4

Omdat Hy self versoek is en gely het, kan Hy dié help wat versoek word.

Hebreërs 2:18

Jesaja 53 (Bybel in Afrikaans (1983-vertaling))

1 Wie sal ons glo as ons hiervan vertel? Wie sal die mag van die Here hierin kan raaksien?
2 Die dienaar was soos 'n loot wat voor die Here uitspruit, soos 'n plant wat wortel skiet in droë grond. Hy het nie skoonheid of prag gehad dat ons na hom sou kyk nie, nie die voorkoms dat ons van hom sou hou nie.
3 Hy was verag en deur die mense verstoot, 'n man van lyding wat pyn geken het, iemand vir wie die mense die gesig wegdraai. Hy was verag, ons het hom nie gereken nie.
4 Tog het hy óns lyding op hom geneem, óns siektes het hy gedra. Maar ons het hom beskou as een wat gestraf word, wat deur God geslaan en gepynig word.
5 Oor óns oortredings is hy deurboor, oor óns sondes is hy verbrysel; die straf wat vir ons vrede moes bring, was op hom, deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom.
6 Ons het almal gedwaal soos skape, ons het elkeen sy eie pad geloop, maar die Here het ons almal se sonde op hom laat afkom.
7 Hy is mishandel, maar hy het geduldig gebly, hy het nie gekla nie. Soos 'n lam wat na die slagplek toe gelei word en soos 'n skaap wat stil is as hy geskeer word, het hy nie gekla nie.

Read more...(to top)

Hebreërs 2 (Bybel in Afrikaans (1983-vertaling))

15 en om hulle wat uit vrees vir die dood hulle hele lewe lank in slawerny was, te bevry.
16 Dit is duidelik dat dit vir Hom nie om die engele gaan nie, maar om die nageslag van Abraham.
17 Daarom moes Hy in elke opsig aan sy broers gelyk word, sodat Hy 'n barmhartige en getroue Hoëpriester voor God kon wees om die sondes van die volk te versoen.
18 Omdat Hy self versoek is en gely het, kan Hy dié help wat versoek word.

Read more...(to top)

Other Bible Editions

Select...

English Standard Version

Surely he has borne our griefs and carried our sorrows; yet we esteemed him stricken, smitten by God, and afflicted.

Isaiah 53:4

Because he himself has suffered when tempted, he is able to help those who are being tempted.

Hebrews 2:18

Jesaja 53 (English Standard Version)

1 Who has believed what he has heard from us?
And to whom has the arm of the Lord been revealed?
2 For he grew up before him like a young plant,
and like a root out of dry ground;
he had no form or majesty that we should look at him,
and no beauty that we should desire him.
3 He was despised and rejected by men;
a man of sorrows, and acquainted with grief;
and as one from whom men hide their faces
he was despised, and we esteemed him not.
4 Surely he has borne our griefs
and carried our sorrows;
yet we esteemed him stricken,
smitten by God, and afflicted.
5 But he was wounded for our transgressions;
he was crushed for our iniquities;
upon him was the chastisement that brought us peace,
and with his stripes we are healed.
6 All we like sheep have gone astray;
we have turned—every one—to his own way;
and the Lord has laid on him
the iniquity of us all.
7 He was oppressed, and he was afflicted,
yet he opened not his mouth;
like a lamb that is led to the slaughter,
and like a sheep that before its shearers is silent,
so he opened not his mouth.

Read more...(to top)

Hebreërs 2 (English Standard Version)

15 and deliver all those who through fear of death were subject to lifelong slavery.
16 For surely it is not angels that he helps, but he helps the offspring of Abraham.
17 Therefore he had to be made like his brothers in every respect, so that he might become a merciful and faithful high priest in the service of God, to make propitiation for the sins of the people.
18 For because he himself has suffered when tempted, he is able to help those who are being tempted.

Read more...(to top)