Skip navigation and move to Contents...
Bible 2.0 Scripture explains itself Bible 2.0

<< >> Die Woord vir Maandag 27 Oktober 2025

Bybel in Afrikaans (1983-vertaling)

Wat 'n mens van God kan weet, was immers binne hulle bereik, want God het dit binne hulle bereik gebring.

Romeine 1:19

Nou kyk ons nog in 'n dowwe spieël en sien 'n raaiselagtige beeld, maar eendag sal ons alles sien soos dit werklik is. Nou ken ek net gedeeltelik, maar eendag sal ek ten volle ken soos God my ten volle ken.

1 Korintiërs 13:12

Romeine 1 (Bybel in Afrikaans (1983-vertaling))

16 Ek skaam my nie oor die evangelie nie, want dit is 'n krag van God tot redding van elkeen wat glo, in die eerste plek die Jood, maar ook die nie-Jood.
17 In die evangelie kom juis tot openbaring dat God mense van hulle sonde vryspreek enkel en alleen omdat hulle glo. Dit is soos daar geskrywe staan: "Elkeen wat deur God vrygespreek is omdat hy glo, sal lewe."
18 God openbaar vanuit die hemel sy toorn oor al die goddeloosheid en ongeregtigheid van die mense wat die waarheid deur hulle ongeregtigheid probeer onderdruk.
19 Wat 'n mens van God kan weet, was immers binne hulle bereik, want God het dit binne hulle bereik gebring.
20 Van die skepping van die wêreld af kan 'n mens uit die werke van God duidelik aflei dat sy krag ewigdurend is en dat Hy waarlik God is, hoewel dit dinge is wat 'n mens nie met die oog kan sien nie. Vir hierdie mense is daar dus geen verontskuldiging nie,
21 omdat, al weet hulle van God, hulle Hom nie as God eer en dank nie. Met hulle redenasies bereik hulle niks nie, en deur hulle gebrek aan insig bly hulle in die duister.
22 Hulle gee voor dat hulle verstandig is, maar hulle is dwaas.

Read more...(to top)

1 Korintiërs 13 (Bybel in Afrikaans (1983-vertaling))

9 Want ons ken maar gedeeltelik, en ons profeteer maar gedeeltelik,
10 maar wanneer die volledige kom, sal wat gedeeltelik is, uitgedien wees.
11 Toe ek 'n kind was, het ek gepraat soos 'n kind, gedink soos 'n kind, geredeneer soos 'n kind. Maar noudat ek 'n man is, is ek klaar met die dinge van 'n kind.
12 Nou kyk ons nog in 'n dowwe spieël en sien 'n raaiselagtige beeld, maar eendag sal ons alles sien soos dit werklik is. Nou ken ek net gedeeltelik, maar eendag sal ek ten volle ken soos God my ten volle ken.
13 En nou: geloof, hoop en liefde bly, hierdie drie. En die grootste hiervan is die liefde!

Read more...(to top)

Other Bible Editions

Select...

English Standard Version

Wat can be known about God is plain to men, because God has shown it to them.

Romans 1:19

Now we see in a mirror dimly, but then face to face. Now I know in part; then I shall know fully, even as I have been fully known.

1 Corinthians 13:12

Romeine 1 (English Standard Version)

16 For I am not ashamed of the gospel, for it is the power of God for salvation to everyone who believes, to the Jew first and also to the Greek.
17 For in it the righteousness of God is revealed from faith for faith, as it is written, “The righteous shall live by faith.”
18 For the wrath of God is revealed from heaven against all ungodliness and unrighteousness of men, who by their unrighteousness suppress the truth.
19 For what can be known about God is plain to them, because God has shown it to them.
20 For his invisible attributes, namely, his eternal power and divine nature, have been clearly perceived, ever since the creation of the world, in the things that have been made. So they are without excuse.
21 For although they knew God, they did not honor him as God or give thanks to him, but they became futile in their thinking, and their foolish hearts were darkened.
22 Claiming to be wise, they became fools,

Read more...(to top)

1 Korintiërs 13 (English Standard Version)

9 For we know in part and we prophesy in part,
10 but when the perfect comes, the partial will pass away.
11 When I was a child, I spoke like a child, I thought like a child, I reasoned like a child. When I became a man, I gave up childish ways.
12 For now we see in a mirror dimly, but then face to face. Now I know in part; then I shall know fully, even as I have been fully known.
13 So now faith, hope, and love abide, these three; but the greatest of these is love.

Read more...(to top)