Skip navigation and move to Contents...
Bible 2.0 Scripture explains itself Bible 2.0

<< >> Die Woord vir Sondag 26 Oktober 2025

Bybel in Afrikaans (1983-vertaling)

Julle weet tog: as julle julle aan iemand onderwerp om hom as slawe te gehoorsaam, is julle die slawe van dié een aan wie julle gehoorsaam is. As dit die sonde is, beteken dit vir julle die dood; as dit gehoorsaamheid aan God is, beteken dit vryspraak en lewe.

Romeine 6:16

Hoewel Jesus die Seun was, het Hy deur alles wat Hy gely het, geleer wat gehoorsaamheid is.

Hebreërs 5:8

Romeine 6 (Bybel in Afrikaans (1983-vertaling))

13 Julle moet geen deel van julle liggame in diens van die sonde stel as'n werktuig om goddeloosheid te bedrywe nie. Nee, stel julle in diens van God as mense wat dood was maar lewend gemaak is, en stel elke deel van julle liggame in diens van God as werktuig om te doen wat God wil.
14 Die sonde moet nie meer baas wees oor julle nie, want julle staan nie onder die wet van Moses nie, maar onder die genade.
15 Wat beteken dit? Kan ons nou maar sonde doen omdat ons nie onder die wet van Moses staan nie maar onder die genade? Beslis nie.
16 Julle weet tog: as julle julle aan iemand onderwerp om hom as slawe te gehoorsaam, is julle die slawe van dié een aan wie julle gehoorsaam is. As dit die sonde is, beteken dit vir julle die dood; as dit gehoorsaamheid aan God is, beteken dit vryspraak en lewe.
17 Maar ons dank God dat julle wat slawe van die sonde was, van harte gehoorsaam geword het aan die leer soos julle dit deur die oorlewering ontvang het.
18 Ons dank God dat julle van die sonde vrygemaak is en slawe van God geword het wat sy wil doen.
19 Weens julle beperkte begrip gebruik ek 'n beeld uit die alledaagse lewe: soos julle elke deel van julle liggame in diens van sedelike onreinheid en wetteloosheid gestel het en losbandig gelewe het, so moet julle nou elke deel van julle liggame in diens van God stel om heilig te lewe.

Read more...(to top)

Hebreërs 5 (Bybel in Afrikaans (1983-vertaling))

5 So het Christus Hom ook nie die waardigheid van Hoëpriester toegeëien nie, God het dit vir Hom gegee toe Hy gesê het: "Jy is my Seun, van vandag af is Ek jou Vader."
6 En op 'n ander plek sê Hy: "Jy is priester vir ewig volgens die priesterorde van Melgisedek."
7 Gedurende sy aardse lewe het Hy aan God, wat Hom uit die dood kon red, gebede en smekinge geoffer met harde geroep en met trane. En sy gebede is verhoor vanweë sy eerbiedige onderworpenheid aan God.
8 Hoewel Hy die Seun was, het Hy deur alles wat Hy gely het, geleer wat gehoorsaamheid is.
9 En toe Hy volmaaktheid bereik het, het Hy vir almal wat aan Hom gehoorsaam is, die bron van ewige saligheid geword
10 en is Hy deur God verklaar tot Hoëpriester volgens die priesterorde van Melgisedek.
11 In verband hiermee het ons baie te sê wat moeilik is om aan julle te verduidelik, aangesien julle so traag is om te leer.

Read more...(to top)

Other Bible Editions

Select...

English Standard Version

Do you not know that if you present yourselves to anyone as obedient slaves, you are slaves of the one whom you obey, either of sin, which leads to death, or of obedience, which leads to righteousness?

Romans 6:16

Although Jesus was a son, he learned obedience through what he suffered.

Hebrews 5:8

Romeine 6 (English Standard Version)

13 Do not present your members to sin as instruments for unrighteousness, but present yourselves to God as those who have been brought from death to life, and your members to God as instruments for righteousness.
14 For sin will have no dominion over you, since you are not under law but under grace.
15 What then? Are we to sin because we are not under law but under grace? By no means!
16 Do you not know that if you present yourselves to anyone as obedient slaves, you are slaves of the one whom you obey, either of sin, which leads to death, or of obedience, which leads to righteousness?
17 But thanks be to God, that you who were once slaves of sin have become obedient from the heart to the standard of teaching to which you were committed,
18 and, having been set free from sin, have become slaves of righteousness.
19 I am speaking in human terms, because of your natural limitations. For just as you once presented your members as slaves to impurity and to lawlessness leading to more lawlessness, so now present your members as slaves to righteousness leading to sanctification.

Read more...(to top)

Hebreërs 5 (English Standard Version)

5 So also Christ did not exalt himself to be made a high priest, but was appointed by him who said to him,
“You are my Son,
today I have begotten you”;
6 as he says also in another place,
“You are a priest forever,
after the order of Melchizedek.”
7 In the days of his flesh, Jesus offered up prayers and supplications, with loud cries and tears, to him who was able to save him from death, and he was heard because of his reverence.
8 Although he was a son, he learned obedience through what he suffered.
9 And being made perfect, he became the source of eternal salvation to all who obey him,
10 being designated by God a high priest after the order of Melchizedek.
11 About this we have much to say, and it is hard to explain, since you have become dull of hearing.

Read more...(to top)