Skip navigation and move to Contents...
Bible 2.0 Scripture explains itself Bible 2.0

<< >> Die Woord vir Donderdag 30 Julie 2026

Bybel in Afrikaans (1983-vertaling)

Jesus sê vir sy dissipels:

"Kyk, daar kom 'n tyd, en dit is nou al hier, dat julle uitmekaar gejaag sal word, elkeen sy eie koers in, en dat julle My alleen sal laat; en tog is Ek nie alleen nie, omdat die Vader by My is."

Johannes 16:32

Jesus sê:

"Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld."

Matteus 28:20

Johannes 16 (Bybel in Afrikaans (1983-vertaling))

29 Sy dissipels sê toe: "Kyk, nou praat U reguit en gebruik nie beeldspraak nie.
30 Nou weet ons dat U alles weet, en niemand hoef U verder uit te vra nie. Ons glo nou dat U van God gekom het."
31 Daarop sê Jesus vir hulle: "Glo julle nou?
32 Kyk, daar kom 'n tyd, en dit is nou al hier, dat julle uitmekaar gejaag sal word, elkeen sy eie koers in, en dat julle My alleen sal laat; en tog is Ek nie alleen nie, omdat die Vader by My is.
33 Dit sê Ek vir julle, sodat julle vrede kan vind in My. In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin."

Read more...(to top)

Matteus 28 (Bybel in Afrikaans (1983-vertaling))

17 Toe hulle Hom sien, het hulle Hom aanbid, hoewel party getwyfel het.
18 Jesus kom toe nader en sê vir hulle: "Aan My is alle mag gegee in die hemel en op die aarde.
19 Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en
20 leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld."

Read more...(to top)

Other Bible Editions

Select...

English Standard Version

Jesus said to the disciples:

Behold, the hour is coming, indeed it has come, when you will be scattered, each to his own home, and will leave me alone. Yet I am not alone, for the Father is with me.

John 16:32

Christ says:

I am with you always, to the end of the age.

Matthew 28:20

Johannes 16 (English Standard Version)

29 His disciples said, “Ah, now you are speaking plainly and not using figurative speech!
30 Now we know that you know all things and do not need anyone to question you; this is why we believe that you came from God.”
31 Jesus answered them,
“Do you now believe?
32 Behold, the hour is coming, indeed it has come, when you will be scattered, each to his own home, and will leave me alone. Yet I am not alone, for the Father is with me.
33 I have said these things to you, that in me you may have peace. In the world you will have tribulation. But take heart; I have overcome the world.”

Read more...(to top)

Matteus 28 (English Standard Version)

17 And when they saw him they worshiped him, but some doubted.
18 And Jesus came and said to them,
“All authority in heaven and on earth has been given to me.
19 Go therefore and make disciples of all nations, baptizing them in the name of the Father and of the Son and of the Holy Spirit,
20 teaching them to observe all that I have commanded you. And behold, I am with you always, to the end of the age.”

Read more...(to top)