Skip navigation and move to Contents...
Bible 2.0 Scripture explains itself Bible 2.0

<< >> Die Woord vir Woensdag 29 Julie 2026

Bybel in Afrikaans (1983-vertaling)

Moenie bang wees nie, Abram, Ek beskerm jou! Jou beloning sal baie groot wees.

Genesis 15:1

Ek het gedink: ek het my tevergeefs vermoei, ek het my heeltemal verniet afgesloof. Maar die Here sál aan my reg laat geskied, my God sál my beloon.

Jesaja 49:4

Genesis 15 (Bybel in Afrikaans (1983-vertaling))

1 Hierna het die woord van die Here in 'n gesig tot Abram gekom: "Moenie bang wees nie, Abram, Ek beskerm jou! Jou beloning sal baie groot wees."
2 Toe sê Abram: "Here my God, wat kan U vir my gee? Ek sal kinderloos sterf, en Eliëser die man uit Damaskus sal my besittings kry."
3 Abram het verder gesê: "U het nie vir my 'n nageslag gegee nie. 'n Slaaf uit my huis sal my erfgenaam wees."
4 Maar die woord van die Here het tot Abram gekom: "Daardie een sal nie jou erfgenaam wees nie. Een wat jou eie nasaat is, hy sal jou erfgenaam wees."

Read more...(to top)

Jesaja 49 (Bybel in Afrikaans (1983-vertaling))

1 Luister na My, eilande, gee aandag, nasies wat ver is! Die Here het my voor my geboorte al geroep; toe ek nog in my moeder se liggaam was, het Hy my op my naam genoem.
2 Hy het my mond soos 'n skerp swaard gemaak, my in die skaduwee van sy hand verberg, Hy het my 'n skerp pyl gemaak en my in sy pylkoker weggesteek.
3 Hy het vir my gesê: Jy is my dienaar, jy is Israel, deur jou maak Ek my mag bekend.
4 Ek het gedink: ek het my tevergeefs vermoei, ek het my heeltemal verniet afgesloof. Maar die Here sál aan my reg laat geskied, my God sál my beloon.
5 En nou maak die Here 'n aankondiging, Hy wat my in die moederskoot al sy dienaar gemaak het om Jakob na Hom toe terug te bring sodat Israel nie meer verstrooi sal wees nie. Die Here het my 'n belangrike opdrag gegee en my God gee my die krag om dit te doen.
6 Hy het gesê: Dit is nie genoeg dat jy my dienaar is om die stamme van Jakob te herstel en om die Israeliete wat gered is, terug te bring nie; Ek maak jou 'n lig vir die nasies sodat die redding wat Ek bewerk, die uithoeke van die aarde sal bereik.
7 So sê die Here, die Heilige van Israel, sy Verlosser, vir dié een wat diep verag is, wat deur die nasies verafsku word en wat 'n dienaar van regeerders is: Konings sal sien wat gebeur en sal opstaan, leiers sal buig tot eer van die Here wat getrou is, die Heilige van Israel wat jou uitverkies het.

Read more...(to top)

Other Bible Editions

Select...

English Standard Version

Fear not, Abram, I am your shield; your reward shall be very great.

Genesis 15:1

But I said, “I have labored in vain; I have spent my strength for nothing and vanity; yet surely my right is with the Lord, and my recompense with my God.”

Isaiah 49:4

Genesis 15 (English Standard Version)

1 After these things the word of the Lord came to Abram in a vision: “Fear not, Abram, I am your shield; your reward shall be very great.”
2 But Abram said, “O Lord God, what will you give me, for I continue childless, and the heir of my house is Eliezer of Damascus?”
3 And Abram said, “Behold, you have given me no offspring, and a member of my household will be my heir.”
4 And behold, the word of the Lord came to him: “This man shall not be your heir; your very own son shall be your heir.”

Read more...(to top)

Jesaja 49 (English Standard Version)

1 Listen to me, O coastlands,
and give attention, you peoples from afar.
The Lord called me from the womb,
from the body of my mother he named my name.
2 He made my mouth like a sharp sword;
in the shadow of his hand he hid me;
he made me a polished arrow;
in his quiver he hid me away.
3 And he said to me, “You are my servant,
Israel, in whom I will be glorified.”
4 But I said, “I have labored in vain;
I have spent my strength for nothing and vanity;
yet surely my right is with the Lord,
and my recompense with my God.”
5 And now the Lord says,
he who formed me from the womb to be his servant,
to bring Jacob back to him;
and that Israel might be gathered to him—
for I am honored in the eyes of the Lord,
and my God has become my strength—
6 he says:
“It is too light a thing that you should be my servant
to raise up the tribes of Jacob
and to bring back the preserved of Israel;
I will make you as a light for the nations,
that my salvation may reach to the end of the earth.”
7 Thus says the Lord,
the Redeemer of Israel and his Holy One,
to one deeply despised, abhorred by the nation,
the servant of rulers:
“Kings shall see and arise;
princes, and they shall prostrate themselves;
because of the Lord, who is faithful,
the Holy One of Israel, who has chosen you.”

Read more...(to top)