Skip navigation and move to Contents...
Bible 2.0 Scripture explains itself Bible 2.0

<< >> Die Woord vir Maandag 25 Mei 2026

Bybel in Afrikaans (1983-vertaling)

Laat u woord my op die regte pad hou; moet tog nie dat enige kwaad die oorhand oor my kry nie.

Psalm 119:133

Die goeie is daarin geleë dat die hart deur genade versterk word.

Hebreërs 13:9

Psalm 119 (Bybel in Afrikaans (1983-vertaling))

130 Wanneer u woord vir mense oopgaan, bring dit lig; dit gee insig aan dié wat nog onervare is.
131 Met my hele wese smag ek na u gebooie, verlang ek daarna.
132 Sien my in genade aan soos U altyd doen vir dié wat u Naam liefhet.
133 Laat u woord my op die regte pad hou; moet tog nie dat enige kwaad die oorhand oor my kry nie.
134 Bevry my van veronregting deur mense. Ek wil u bevele gehoorsaam.
135 Verskyn tog tot my redding, leer my u voorskrifte.
136 My trane vloei sonder ophou omdat die mense u wet nie onderhou nie.

Read more...(to top)

Hebreërs 13 (Bybel in Afrikaans (1983-vertaling))

6 Daarom kan ons met vertroue sê: "Die Here is my helper, ek ken geen vrees nie: wat kan 'n mens aan my doen?"
7 Dink aan julle voorgangers wat die woord van God aan julle verkondig het. Let op hulle lewenswandel tot die einde toe, en volg die voorbeeld van geloof wat hulle gestel het.
8 Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid.
9 Moet julle nie laat meevoer deur allerhande vreemde leringe nie. Die goeie is daarin geleë dat die hart deur genade versterk word, nie deur eetgebruike nie. Dié wat hulle aan hierdie gebruike gehou het, het niks daarby gebaat nie.
10 Ons het 'n altaar waarvan dié wat nog die offerdiens volgens die ou orde verrig, nie die reg het om te eet nie.
11 Die bloed van die offerdiere word deur die hoëpriester in die heiligdom ingebring vir die sonde, maar hulle liggame word buitekant die laer verbrand.
12 Daarom het Jesus ook buitekant die stadspoort gely om die volk deur sy eie bloed van hulle sonde te reinig.

Read more...(to top)

Other Bible Editions

Select...

English Standard Version

Keep steady my steps according to your promise, and let no iniquity get dominion over me.

Psalm 119:133

It is good for the heart to be strengthened by grace.

Hebrews 13:9

Psalm 119 (English Standard Version)

130 The unfolding of your words gives light;
it imparts understanding to the simple.
131 I open my mouth and pant,
because I long for your commandments.
132 Turn to me and be gracious to me,
as is your way with those who love your name.
133 Keep steady my steps according to your promise,
and let no iniquity get dominion over me.
134 Redeem me from man's oppression,
that I may keep your precepts.
135 Make your face shine upon your servant,
and teach me your statutes.
136 My eyes shed streams of tears,
because people do not keep your law.

Read more...(to top)

Hebreërs 13 (English Standard Version)

6 So we can confidently say,
“The Lord is my helper;
I will not fear;
what can man do to me?”
7 Remember your leaders, those who spoke to you the word of God. Consider the outcome of their way of life, and imitate their faith.
8 Jesus Christ is the same yesterday and today and forever.
9 Do not be led away by diverse and strange teachings, for it is good for the heart to be strengthened by grace, not by foods, which have not benefited those devoted to them.
10 We have an altar from which those who serve the tent have no right to eat.
11 For the bodies of those animals whose blood is brought into the holy places by the high priest as a sacrifice for sin are burned outside the camp.
12 So Jesus also suffered outside the gate in order to sanctify the people through his own blood.

Read more...(to top)