Skip navigation and move to Contents...
Bible 2.0 Scripture explains itself Bible 2.0

<< >> Die Woord vir Sondag 24 Mei 2026

Bybel in Afrikaans (1983-vertaling)

Vir sover julle dit aan een van hierdie geringstes nie gedoen het nie, het julle dit aan My ook nie gedoen nie.

Matteus 25:45

Wat help dit, my broers, as iemand beweer dat hy glo, maar sy dade bevestig dit nie? Kan so 'n geloof 'n mens red?

Jakobus 2:14

Matteus 25 (Bybel in Afrikaans (1983-vertaling))

42 want Ek was honger, en julle het My niks gegee om te eet nie; Ek was dors, en julle het My niks gegee om te drink nie;
43 Ek was 'n vreemdeling, en julle het My nie gehuisves nie; sonder klere, en julle het My nie klere gegee nie; siek en in die tronk, en julle het My nie versorg nie.'
44 Dan sal hulle ook antwoord: 'Here, wanneer het ons U honger of dors of 'n vreemdeling of sonder klere of siek of in die tronk gesien en U nie gehelp nie?'
45 En Hy sal hulle antwoord: 'Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van hierdie geringstes nie gedoen het nie, het julle dit aan My ook nie gedoen nie.'
46 En hierdie mense sal die ewige straf ontvang, maar dié wat die wil van God gedoen het, die ewige lewe."

Read more...(to top)

Jakobus 2 (Bybel in Afrikaans (1983-vertaling))

11 God wat gesê het: "Jy mag nie egbreuk pleeg nie," het ook gesê: "Jy mag nie moord pleeg nie." As jy nou nie egbreuk pleeg nie, maar wel moord, is jy tog 'n oortreder van die hele wet.
12 Praat en tree dan op soos mense wat geoordeel sal word volgens die wet wat vry maak.
13 Die oordeel sal onbarmhartig wees oor dié wat nie barmhartigheid betoon nie. Maar barmhartigheid triomfeer oor die oordeel.
14 Wat help dit, my broers, as iemand beweer dat hy glo, maar sy dade bevestig dit nie? Kan so 'n geloof 'n mens red?
15 Sê nou daar is 'n broer of 'n suster wat nie klere het nie en dag vir dag honger ly,
16 en sê nou een van julle sou vir hulle sê: "Mag dit met julle goed gaan; gaan trek julle warm aan en eet genoeg," maar julle gee nie vir hulle wat hulle nodig het om van te lewe nie, wat help dit dan?
17 So gaan dit ook met die geloof: as dit nie tot dade oorgaan nie, is dit sonder meer dood.

Read more...(to top)

Other Bible Editions

Select...

English Standard Version

As you did not do it to one of the least of these, you did not do it to me.

Matthew 25:45

What good is it, my brothers, if someone says he has faith but does not have works? Can that faith save him?

James 2:14

Matteus 25 (English Standard Version)

42 For I was hungry and you gave me no food, I was thirsty and you gave me no drink,
43 I was a stranger and you did not welcome me, naked and you did not clothe me, sick and in prison and you did not visit me.’
44 Then they also will answer, saying, ‘Lord, when did we see you hungry or thirsty or a stranger or naked or sick or in prison, and did not minister to you?’
45 Then he will answer them, saying, ‘Truly, I say to you, as you did not do it to one of the least of these, you did not do it to me.’
46 And these will go away into eternal punishment, but the righteous into eternal life.”

Read more...(to top)

Jakobus 2 (English Standard Version)

11 For he who said, “Do not commit adultery,” also said, “Do not murder.” If you do not commit adultery but do murder, you have become a transgressor of the law.
12 So speak and so act as those who are to be judged under the law of liberty.
13 For judgment is without mercy to one who has shown no mercy. Mercy triumphs over judgment.
14 What good is it, my brothers, if someone says he has faith but does not have works? Can that faith save him?
15 If a brother or sister is poorly clothed and lacking in daily food,
16 and one of you says to them, “Go in peace, be warmed and filled,” without giving them the things needed for the body, what good is that?
17 So also faith by itself, if it does not have works, is dead.

Read more...(to top)