Skip navigation and move to Contents...
Bible 2.0 Scripture explains itself Bible 2.0

>> Die Woord vir Donderdag 23 Oktober 2025

Bybel in Afrikaans (1983-vertaling)

Jesus vra die leiers van die Jode:

"Wat beteken hierdie Skrifwoord dan: 'Die klip wat deur die bouers afgekeur is, juis hy het die belangrikste klip in die gebou geword'?"

Lukas 20:17

Die boodskap van die kruis van Christus is wel onsin vir dié wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God.

1 Korintiërs 1:18

Lukas 20 (Bybel in Afrikaans (1983-vertaling))

14 Maar toe die boere hom sien, het hulle onder mekaar geredeneer: 'Dit is die erfgenaam dié. Kom ons slaan hom dood, dan is die erfenis ons s'n.'
15 Toe gooi hulle hom uit die wingerd uit en slaan hom dood. Wat sal die eienaar van die wingerd dan met hulle doen?
16 Hy sal kom en daardie boere om die lewe bring en die wingerd vir ander mense gee." Dié wat dit gehoor het, sê toe: "Nee, dit moenie gebeur nie!"
17 Maar Jesus het hulle aangekyk en gesê: "Wat beteken hierdie Skrifwoord dan: 'Die klip wat deur die bouers afgekeur is, juis hy het die belangrikste klip in die gebou geword'?
18 Elkeen wat op hierdie klip val, sal verpletter word; elkeen op wie hy val, sal hy vermorsel."
19 Die skrifgeleerdes en die priesterhoofde het besef dat Jesus met hierdie gelykenis op hulle gesinspeel het. Daarom wou hulle Hom sommer daar en dan gevange neem, maar hulle was bang vir die volk.
20 Hulle het hulle kans afgewag. Toe stuur hulle geheime agente wat hulle as opreg voorgedoen het, om Jesus op een of ander uitspraak te probeer vastrek sodat hulle Hom aan die owerheidsgesag van die goewerneur kon uitlewer.

Read more...(to top)

1 Korintiërs 1 (Bybel in Afrikaans (1983-vertaling))

15 Niemand kan dus sê dat julle in my naam gedoop is nie.
16 Nee, ek het ook nog die huisgesin van Stefanas gedoop, maar verder weet ek nie of ek nog iemand gedoop het nie.
17 Christus het my immers nie gestuur om te doop nie, maar om die evangelie te verkondig, en dit nie met woorde van menslike wysheid nie, want dan sou die kruis van Christus sy krag verloor.
18 Die boodskap van die kruis van Christus is wel onsin vir dié wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God.
19 Daar staan tog geskrywe: "Die wysheid van die wyses sal Ek vernietig, en die geleerdheid van die geleerdes sal Ek tot niet maak."
20 Waar is die wysgeer van hierdie wêreld nou? Waar die skrifgeleerde? Waar die slim woordvoerder? Het God nie die wysheid van die wêreld tot onsin gemaak nie?
21 Dit was die bedoeling van God in sy wysheid dat die wêreld nie deur geleerdheid tot kennis van God sou kom nie. Daarom het God in sy goedheid besluit om deur die prediking wat vir die wêreld onsin is, dié te red wat glo.

Read more...(to top)

Other Bible Editions

Select...

English Standard Version

Jesus asked the scribes and the elders:

What is this that is written: “The stone that the builders rejected has become the cornerstone”?

Luke 20:17

The word of the cross is folly to those who are perishing, but to us who are being saved it is the power of God.

1 Corinthians 1:18

Lukas 20 (English Standard Version)

14 But when the tenants saw him, they said to themselves, ‘This is the heir. Let us kill him, so that the inheritance may be ours.’
15 And they threw him out of the vineyard and killed him. What then will the owner of the vineyard do to them?
16 He will come and destroy those tenants and give the vineyard to others.”
When they heard this, they said, “Surely not!”
17 But he looked directly at them and said,
“What then is this that is written:
“‘The stone that the builders rejected
has become the cornerstone’?
18 Everyone who falls on that stone will be broken to pieces, and when it falls on anyone, it will crush him.”
19 The scribes and the chief priests sought to lay hands on him at that very hour, for they perceived that he had told this parable against them, but they feared the people.
20 So they watched him and sent spies, who pretended to be sincere, that they might catch him in something he said, so as to deliver him up to the authority and jurisdiction of the governor.

Read more...(to top)

1 Korintiërs 1 (English Standard Version)

15 so that no one may say that you were baptized in my name.
16 (I did baptize also the household of Stephanas. Beyond that, I do not know whether I baptized anyone else.)
17 For Christ did not send me to baptize but to preach the gospel, and not with words of eloquent wisdom, lest the cross of Christ be emptied of its power.
18 For the word of the cross is folly to those who are perishing, but to us who are being saved it is the power of God.
19 For it is written,
“I will destroy the wisdom of the wise,
and the discernment of the discerning I will thwart.”
20 Where is the one who is wise? Where is the scribe? Where is the debater of this age? Has not God made foolish the wisdom of the world?
21 For since, in the wisdom of God, the world did not know God through wisdom, it pleased God through the folly of what we preach to save those who believe.

Read more...(to top)