Skip navigation and move to Contents...
Bible 2.0 Scripture explains itself Bible 2.0

<< Die Woord vir Dinsdag 4 Augustus 2026

Bybel in Afrikaans (1983-vertaling)

Terwyl Josef daar in die tronk was, was die Here by hom.

Genesis 39:20-21

Petrus is in die tronk bewaak, maar die gemeente het aanhoudend vir hom tot God gebid.

Handelinge 12:5

Genesis 39 (Bybel in Afrikaans (1983-vertaling))

17 Sy het alles vir hom vertel en vir hom gesê: "Die Hebreeuse slaaf wat jy hier by ons ingebring het, het by my kom aanlê,
18 maar toe ek hard aanhou roep, het hy buitentoe gevlug en hierdie stuk klere by my gelos."
19 Toe Josef se eienaar by sy vrou hoor wat sy slaaf alles aan haar gedoen het, was hy kwaad,
20 en het hy vir Josef gevat en in die tronk gegooi waarin die mense was wat deur die koning gevange gehou is. Terwyl Josef daar in die tronk was,
21 was die Here by hom, en Hy het Josef sy troue liefde laat ondervind, sodat die tronkbewaarder hom goedgesind geword het.
22 Hy het vir Josef in beheer geplaas van al die gevangenes in die tronk en van wat hulle moes doen. Josef was vir alles verantwoordelik,
23 en die tronkbewaarder het nie meer na iets omgesien nie; alles was in Josef se hande, want die Here was by hom. Wat Josef ook al aangepak het, die Here het dit laat slaag.

Read more...(to top)

Handelinge 12 (Bybel in Afrikaans (1983-vertaling))

2 Hy het vir Jakobus die broer van Johannes met die swaard laat doodmaak.
3 Toe Herodes sien dat dit by die Jode byval vind, het hy nog verder gegaan en ook vir Petrus gevange laat neem. Dit het tydens die fees van die ongesuurde brood gebeur.
4 Nadat Herodes vir Petrus laat vang het, het hy hom in die tronk gesit en hom deur vier afdelings van vier soldate elk laat bewaak. Herodes wou hom ná die paasfees voor die volk bring.
5 So is hy dan in die tronk bewaak, maar die gemeente het aanhoudend vir hom tot God gebid.
6 Die nag voordat Herodes hom voor die volk sou bring, het Petrus tussen twee soldate geslaap. Hy was met twee kettings geboei, en voor die deur het wagte die tronk bewaak.
7 Meteens staan daar 'n engel van die Here en skyn daar 'n lig in die sel. Die engel vat toe aan Petrus se sy om hom wakker te maak en sê vir hom: "Staan gou op." Onmiddellik het die boeie van sy hande afgeval.
8 Toe sê die engel vir hom: "Maak jou gordel vas en trek jou skoene aan." Petrus het dit gedoen, en toe sê die engel vir hom: "Trek jou bokleed aan en kom saam met my."

Read more...(to top)

Other Bible Editions

Select...

English Standard Version

Joseph was in prison. But the Lord was with him.

Genesis 39:20-21

Peter was kept in prison, but earnest prayer for him was made to God by the church.

Acts 12:5

Genesis 39 (English Standard Version)

17 and she told him the same story, saying, “The Hebrew servant, whom you have brought among us, came in to me to laugh at me.
18 But as soon as I lifted up my voice and cried, he left his garment beside me and fled out of the house.”
19 As soon as his master heard the words that his wife spoke to him, “This is the way your servant treated me,” his anger was kindled.
20 And Joseph's master took him and put him into the prison, the place where the king's prisoners were confined, and he was there in prison.
21 But the Lord was with Joseph and showed him steadfast love and gave him favor in the sight of the keeper of the prison.
22 And the keeper of the prison put Joseph in charge of all the prisoners who were in the prison. Whatever was done there, he was the one who did it.
23 The keeper of the prison paid no attention to anything that was in Joseph's charge, because the Lord was with him. And whatever he did, the Lord made it succeed.

Read more...(to top)

Handelinge 12 (English Standard Version)

2 He killed James the brother of John with the sword,
3 and when he saw that it pleased the Jews, he proceeded to arrest Peter also. This was during the days of Unleavened Bread.
4 And when he had seized him, he put him in prison, delivering him over to four squads of soldiers to guard him, intending after the Passover to bring him out to the people.
5 So Peter was kept in prison, but earnest prayer for him was made to God by the church.
6 Now when Herod was about to bring him out, on that very night, Peter was sleeping between two soldiers, bound with two chains, and sentries before the door were guarding the prison.
7 And behold, an angel of the Lord stood next to him, and a light shone in the cell. He struck Peter on the side and woke him, saying, “Get up quickly.” And the chains fell off his hands.
8 And the angel said to him, “Dress yourself and put on your sandals.” And he did so. And he said to him, “Wrap your cloak around you and follow me.”

Read more...(to top)