Skip navigation and move to Contents...
Bible 2.0 Scripture explains itself Bible 2.0

<< Die Woord vir Woensdag 15 Julie 2026

Bybel in Afrikaans (1983-vertaling)

Nie met mag en krag sal jy slaag nie, maar deur my Gees, sê die Here die Almagtige.

Sagaria 4:6

In die goeie wedloop van die geloof moet jy al jou kragte inspan.

1 Timoteus 6:12

Sagaria 4 (Bybel in Afrikaans (1983-vertaling))

3 By die kandelaar is twee olyfbome, een regs van die oliebak en een links."
4 Ek vra toe vir die engel wat vir my die gesigte moes uitlê: "Wat beteken dit, Meneer?"
5 Hy het geantwoord: "Weet jy nie wat dit beteken nie?" Ek het gesê: "Nee, Meneer."
6 Toe sê hy vir my: "Hier is die boodskap van die Here aan Serubbabel: Nie met mag en krag sal jy slaag nie, maar deur my Gees, sê die Here die Almagtige."
7 Selfs die grootste berg sal voor Serubbabel 'n gelykte word. As Serubbabel die laaste klip van die tempel op sy plek sit, sal die mense roep: "Mooi, mooi!"
8 Daarna kom die woord van die Here tot my:
9 Serubbabel se hande het hierdie tempel se fondamente gelê, sy hande sal dit klaar bou. Dan sal julle weet dat die Here die Almagtige my na julle toe gestuur het.

Read more...(to top)

1 Timoteus 6 (Bybel in Afrikaans (1983-vertaling))

9 Maar dié wat ryk wil word, val in versoeking. Hulle loop hulle vas in die strik van baie sinlose en skadelike begeertes waardeur mense in verderf en ondergang gestort word.
10 Geldgierigheid is 'n wortel van allerlei kwaad. Party het geld nagejaag en toe van die geloof afgedwaal; daardeur het hulle hulleself baie ellende op die hals gehaal.
11 Maar jy, man van God, moet van hierdie dinge af wegvlug. Streef na opregtheid, toewyding aan God, geloof, liefde, volharding, minsaamheid.
12 In die goeie wedloop van die geloof moet jy al jou kragte inspan en die ewige lewe as prys behaal. Daartoe het God jou geroep en het jy die goeie belydenis voor baie getuies afgelê.
13 Voor God, wat aan alle dinge die lewe skenk, en voor Christus Jesus, wat teenoor Pontius Pilatus getuienis afgelê het van die goeie belydenis, beveel ek jou:
14 "Voer jou opdrag stiptelik en onberispelik uit tot op die dag dat ons Here Jesus Christus kom."
15 Sy verskyning sal op die bestemde tyd plaasvind. Daarvoor sorg God, die goeie en enigste Heerser, die Koning van die konings en die Here van die heersers.

Read more...(to top)

Other Bible Editions

Select...

English Standard Version

Not by might, nor by power, but by my Spirit, says the Lord of hosts.

Zechariah 4:6

Fight the good fight of the faith.

1 Timothy 6:12

Sagaria 4 (English Standard Version)

3 And there are two olive trees by it, one on the right of the bowl and the other on its left.”
4 And I said to the angel who talked with me, “What are these, my lord?”
5 Then the angel who talked with me answered and said to me, “Do you not know what these are?” I said, “No, my lord.”
6 Then he said to me, “This is the word of the Lord to Zerubbabel: Not by might, nor by power, but by my Spirit, says the Lord of hosts.
7 Who are you, O great mountain? Before Zerubbabel you shall become a plain. And he shall bring forward the top stone amid shouts of ‘Grace, grace to it!’”
8 Then the word of the Lord came to me, saying,
9 “The hands of Zerubbabel have laid the foundation of this house; his hands shall also complete it. Then you will know that the Lord of hosts has sent me to you.

Read more...(to top)

1 Timoteus 6 (English Standard Version)

9 But those who desire to be rich fall into temptation, into a snare, into many senseless and harmful desires that plunge people into ruin and destruction.
10 For the love of money is a root of all kinds of evils. It is through this craving that some have wandered away from the faith and pierced themselves with many pangs.
11 But as for you, O man of God, flee these things. Pursue righteousness, godliness, faith, love, steadfastness, gentleness.
12 Fight the good fight of the faith. Take hold of the eternal life to which you were called and about which you made the good confession in the presence of many witnesses.
13 I charge you in the presence of God, who gives life to all things, and of Christ Jesus, who in his testimony before Pontius Pilate made the good confession,
14 to keep the commandment unstained and free from reproach until the appearing of our Lord Jesus Christ,
15 which he will display at the proper time—he who is the blessed and only Sovereign, the King of kings and Lord of lords,

Read more...(to top)