Skip navigation and move to Contents...
Bible 2.0 Scripture explains itself Bible 2.0

<< >> Die Woord vir Donderdag 9 Julie 2026

Bybel in Afrikaans (1983-vertaling)

Paulus skryf:

Ek is immers die geringste van die apostels en is nie werd om 'n apostel genoem te word nie, omdat ek die kerk van God vervolg het. Maar deur die genade van God is ek wat ek is.

1 Korintiërs 15:9-10

Die nasies is vir Hom soos 'n druppel aan 'n emmer, soos 'n stoffie op 'n skaal.

Jesaja 40:15

1 Korintiërs 15 (Bybel in Afrikaans (1983-vertaling))

6 en daarna aan meer as vyf honderd broers tegelyk, van wie sommige al dood is maar die meeste nou nog lewe.
7 Daarna het Hy aan Jakobus verskyn en toe aan al die apostels.
8 Heel laaste het Hy ook aan my, die ontydig geborene, verskyn.
9 Ek is immers die geringste van die apostels en is nie werd om 'n apostel genoem te word nie, omdat ek die kerk van God vervolg het.
10 Maar deur die genade van God is ek wat ek is. Sy genade aan my was nie tevergeefs nie; inteendeel, ek het harder gewerk as hulle almal; eintlik was dit nie ek nie, maar die genade van God wat by my is.
11 In elk geval, of dit ek is of hulle-dit is wat ons verkondig, en dit is wat julle geglo het.
12 As ons dan verkondig dat Christus uit die dood opgewek is, hoe kan party van julle nog beweer dat daar geen opstanding van die dooies is nie?
13 As daar geen opstanding van die dooies is nie, beteken dit dat Christus ook nie opgewek is nie.

Read more...(to top)

Jesaja 40 (Bybel in Afrikaans (1983-vertaling))

12 Wie het die waters in die holte van sy hand afgemeet, met die breedte van sy hand die maat van die hemel bepaal, met 'n maatemmer die grond van die aarde afgemeet, met 'n skaal die berge en die heuwels geweeg?
13 Wie kan die Gees van die Here peil, wie kan sy raadgewer wees?
14 Vir wie raadpleeg Hy dat dié Hom tot insig sou bring en Hom sou leer wat om te doen? Wie leer Hom en onderrig Hom dat Hy met insig kan optree?
15 Die nasies is vir Hom soos 'n druppel aan 'n emmer, soos 'n stoffie op 'n skaal. As Hy die eilande op 'n skaal sit, is hulle soos stofdeeltjies.
16 Al die hout op die Libanon is nie genoeg vir vuur op die altaar nie en al die wild nie genoeg vir 'n offer aan die Here nie.
17 Al die nasies is soos niks teenoor Hom, hulle is vir Hom minder as niks, asof hulle nie bestaan nie.
18 Met wie kan julle God dan vergelyk? Met watter beeld kan julle Hom gelykstel?

Read more...(to top)

Other Bible Editions

Select...

English Standard Version

Paul writes:

I am the least of the apostles, unworthy to be called an apostle, because I persecuted the church of God. But by the grace of God I am what I am.

1 Corinthians 15:9-10

Behold, the nations are like a drop from a bucket, and are accounted as the dust on the scales.

Isaiah 40:15

1 Korintiërs 15 (English Standard Version)

6 Then he appeared to more than five hundred brothers at one time, most of whom are still alive, though some have fallen asleep.
7 Then he appeared to James, then to all the apostles.
8 Last of all, as to one untimely born, he appeared also to me.
9 For I am the least of the apostles, unworthy to be called an apostle, because I persecuted the church of God.
10 But by the grace of God I am what I am, and his grace toward me was not in vain. On the contrary, I worked harder than any of them, though it was not I, but the grace of God that is with me.
11 Whether then it was I or they, so we preach and so you believed.
12 Now if Christ is proclaimed as raised from the dead, how can some of you say that there is no resurrection of the dead?
13 But if there is no resurrection of the dead, then not even Christ has been raised.

Read more...(to top)

Jesaja 40 (English Standard Version)

12 Who has measured the waters in the hollow of his hand
and marked off the heavens with a span,
enclosed the dust of the earth in a measure
and weighed the mountains in scales
and the hills in a balance?
13 Who has measured the Spirit of the Lord,
or what man shows him his counsel?
14 Whom did he consult,
and who made him understand?
Who taught him the path of justice,
and taught him knowledge,
and showed him the way of understanding?
15 Behold, the nations are like a drop from a bucket,
and are accounted as the dust on the scales;
behold, he takes up the coastlands like fine dust.
16 Lebanon would not suffice for fuel,
nor are its beasts enough for a burnt offering.
17 All the nations are as nothing before him,
they are accounted by him as less than nothing and emptiness.
18 To whom then will you liken God,
or what likeness compare with him?

Read more...(to top)