Skip navigation and move to Contents...
Bible 2.0 Scripture explains itself Bible 2.0

<< Die Woord vir Vrydag 26 Junie 2026

Bybel in Afrikaans (1983-vertaling)

Die dogtertjie het vir die vrou gesê: "Ag, as Meneer net by die profeet in Samaria kon uitkom, dan sal hy vir Meneer van sy melaatsheid gesond maak."

2 Konings 5:3

Jesus het toe in die hele Galilea rondgegaan en die mense in hulle sinagoges geleer, die evangelie van die koninkryk verkondig en elke soort siekte en kwaal onder die volk gesond gemaak.

Matteus 4:23

2 Konings 5 (Bybel in Afrikaans (1983-vertaling))

1 Naäman, die hoof van die leër van die koning van Aram, was 'n gesiene man wat die agting van die koning geniet het. Deur hom het die Here 'n oorwinning aan Aram besorg. Die man was 'n dapper soldaat, maar hy het melaats geword.
2 Op een van hulle strooptogte het die Arameërs 'n jong dogtertjie uit Israel ontvoer wat Naäman se vrou se bediende geword het.
3 Sy het vir die vrou gesê: "Ag, as Meneer net by die profeet in Samaria kon uitkom, dan sal hy vir Meneer van sy melaatsheid gesond maak."
4 Naäman het by die koning gekom en hom meegedeel wat die dogtertjie uit Israel gesê het.
5 "Gaan gerus," het die koning van Aram gesê, "ek stuur jou met 'n brief na die koning van Israel toe." Hy het vertrek en drie honderd twee en veertig kilogram silwer, ag en sestig kilogram goud en tien stelle klere met hom saamgevat.
6 Hy het die brief na die koning van Israel toe gebring. Dit het só gelui: "Ek het my dienaar Naäman met hierdie brief na jou toe gestuur. Wanneer hy by jou uitkom, moet jy hom van sy melaatsheid gesond maak."

Read more...(to top)

Matteus 4 (Bybel in Afrikaans (1983-vertaling))

20 Hulle het dadelik die nette gelos en Hom gevolg.
21 Toe Hy daarvandaan verder gaan, sien Hy twee ander broers: Jakobus 'n seun van Sebedeus, en sy broer Johannes. Hulle was in 'n skuit saam met hulle pa besig om hulle nette reg te maak. Jesus het hulle geroep,
22 en hulle het dadelik die skuit en hulle pa verlaat en vir Jesus gevolg.
23 Hy het toe in die hele Galilea rondgegaan en die mense in hulle sinagoges geleer, die evangelie van die koninkryk verkondig en elke soort siekte en kwaal onder die volk gesond gemaak.
24 En berigte oor Hom het deur die hele provinsie Sirië versprei. Die mense het toe die siekes met allerhande kwale en pyne, dié wat in die mag van bose geeste was, geestelik versteurdes en verlamdes na Hom toe gebring, en Hy het hulle gesond gemaak.
25 Groot menigtes uit Galilea, Dekapolis, Jerusalem, Judea en van oorkant die Jordaan af het Hom gevolg.

Read more...(to top)

Other Bible Editions

Select...

English Standard Version

The little girl said to her mistress, Would that my lord were with the prophet who is in Samaria! He would cure him of his leprosy.

2 Kings 5:3

Jesus went throughout all Galilee, teaching in their synagogues and proclaiming the gospel of the kingdom and healing every disease and every affliction among the people.

Matthew 4:23

2 Konings 5 (English Standard Version)

1 Naaman, commander of the army of the king of Syria, was a great man with his master and in high favor, because by him the Lord had given victory to Syria. He was a mighty man of valor, but he was a leper.
2 Now the Syrians on one of their raids had carried off a little girl from the land of Israel, and she worked in the service of Naaman's wife.
3 She said to her mistress, “Would that my lord were with the prophet who is in Samaria! He would cure him of his leprosy.”
4 So Naaman went in and told his lord, “Thus and so spoke the girl from the land of Israel.”
5 And the king of Syria said, “Go now, and I will send a letter to the king of Israel.”
So he went, taking with him ten talents of silver, six thousand shekels of gold, and ten changes of clothing.
6 And he brought the letter to the king of Israel, which read, “When this letter reaches you, know that I have sent to you Naaman my servant, that you may cure him of his leprosy.”

Read more...(to top)

Matteus 4 (English Standard Version)

20 Immediately they left their nets and followed him.
21 And going on from there he saw two other brothers, James the son of Zebedee and John his brother, in the boat with Zebedee their father, mending their nets, and he called them.
22 Immediately they left the boat and their father and followed him.
23 And he went throughout all Galilee, teaching in their synagogues and proclaiming the gospel of the kingdom and healing every disease and every affliction among the people.
24 So his fame spread throughout all Syria, and they brought him all the sick, those afflicted with various diseases and pains, those oppressed by demons, epileptics, and paralytics, and he healed them.
25 And great crowds followed him from Galilee and the Decapolis, and from Jerusalem and Judea, and from beyond the Jordan.

Read more...(to top)