Skip navigation and move to Contents...
Bible 2.0 Scripture explains itself Bible 2.0

<< >> Die Woord vir Maandag 22 Junie 2026

Bybel in Afrikaans (1983-vertaling)

Dit gaan goed met die mens vir wie die Here die oortreding nie toereken nie en in wie se gees daar geen valsheid is nie.

Psalm 32:2

So sê die Heilige, die Ware God, Hy wat die sleutel van Dawid het, wat die deur oopsluit en niemand sal dit weer toesluit nie, en dit toesluit en niemand sluit dit weer oop nie.

Openbaring 3:7

Psalm 32 (Bybel in Afrikaans (1983-vertaling))

1 'n Gedig van Dawid. Dit gaan goed met die mens wie se oortredings nie gestraf word nie, wie se sonde vergewe word.
2 Dit gaan goed met die mens vir wie die Here die oortreding nie toereken nie en in wie se gees daar geen valsheid is nie.
3 Toe ek oor my sonde geswyg het, het my liggaam uitgeteer soos ek heeldag om hulp geroep het.
4 U hand het dag en nag swaar op my gedruk, my krag het opgedroog soos water in somerhitte. Sela
5 Toe het ek my sonde bely, my oortreding nie weggesteek nie. Ek het gesê: "Voor die Here bely ek my opstandigheid;" en U het my skuld vergewe. Sela

Read more...(to top)

Openbaring 3 (Bybel in Afrikaans (1983-vertaling))

4 Maar julle het darem 'n paar mense daar in Sardis wat nie hulle klere besoedel het nie, en hulle sal altyd in wit klere by My wees omdat hulle dit waardig is.
5 Elkeen wat die oorwinning behaal, sal sulke wit klere dra. Ek sal nooit sy naam uit die boek van die lewe uithaal nie, en Ek sal voor my Vader en voor sy engele verklaar dat hy aan My behoort.
6 Elkeen wat kan hoor, moet luister na wat die Gees vir die gemeentes sê.
7 Skrywe aan die leraar van die gemeente in Filadelfia: So sê die Heilige, die Ware God, Hy wat die sleutel van Dawid het, wat die deur oopsluit en niemand sal dit weer toesluit nie, en dit toesluit en niemand sluit dit weer oop nie:
8 Ek weet alles wat julle doen. Kyk, Ek het 'n deur voor julle oopgesluit en niemand kan dit weer toesluit nie. Ek weet dat julle min krag het, en tog het julle aan my boodskap vasgehou en My nie verloën nie.
9 Kyk, Ek beskik dat van die lede van die sinagoge van die Satan, die mense wat daarop aanspraak maak dat hulle Jode is, en dit nie is nie, maar lieg-kyk, Ek sal maak dat hulle kom en voor julle kniel en erken dat Ek julle liefhet.
10 Omdat julle aan die boodskap van my volharding in lyding vasgehou het, sal Ek julle ook vashou in die tyd van beproewing wat oor die hele wêreld gaan kom om die bewoners van die aarde op die proef te stel.

Read more...(to top)

Other Bible Editions

Select...

English Standard Version

Blessed is the man against whom the Lord counts no iniquity, and in whose spirit there is no deceit.

Psalm 32:2

John writes on behalf of Christ:

The words of the holy one, the true one, who has the key of David, who opens and no one will shut, who shuts and no one opens.

Revelation 3:7

Psalm 32 (English Standard Version)

1 Blessed is the one whose transgression is forgiven,
whose sin is covered.
2 Blessed is the man against whom the Lord counts no iniquity,
and in whose spirit there is no deceit.
3 For when I kept silent, my bones wasted away
through my groaning all day long.
4 For day and night your hand was heavy upon me;
my strength was dried up as by the heat of summer.
5 I acknowledged my sin to you,
and I did not cover my iniquity;
I said, “I will confess my transgressions to the Lord,”
and you forgave the iniquity of my sin.

Read more...(to top)

Openbaring 3 (English Standard Version)

4 Yet you have still a few names in Sardis, people who have not soiled their garments, and they will walk with me in white, for they are worthy.
5 The one who conquers will be clothed thus in white garments, and I will never blot his name out of the book of life. I will confess his name before my Father and before his angels.
6 He who has an ear, let him hear what the Spirit says to the churches.’
7 “And to the angel of the church in Philadelphia write: ‘The words of the holy one, the true one, who has the key of David, who opens and no one will shut, who shuts and no one opens.
8 “‘I know your works. Behold, I have set before you an open door, which no one is able to shut. I know that you have but little power, and yet you have kept my word and have not denied my name.
9 Behold, I will make those of the synagogue of Satan who say that they are Jews and are not, but lie—behold, I will make them come and bow down before your feet and they will learn that I have loved you.
10 Because you have kept my word about patient endurance, I will keep you from the hour of trial that is coming on the whole world, to try those who dwell on the earth.

Read more...(to top)