Skip navigation and move to Contents...
Bible 2.0 Scripture explains itself Bible 2.0

>> Die Woord vir Donderdag 18 Junie 2026

Bybel in Afrikaans (1983-vertaling)

As die geloof nie tot dade oorgaan nie, is dit sonder meer dood.

Jakobus 2:17

Jesus sê:

"Wie in My glo, sal ook die dinge doen wat Ek doen; en hy sal nog groter dinge as dit doen, omdat Ek na die Vader toe gaan."

Johannes 14:12

Jakobus 2 (Bybel in Afrikaans (1983-vertaling))

14 Wat help dit, my broers, as iemand beweer dat hy glo, maar sy dade bevestig dit nie? Kan so 'n geloof 'n mens red?
15 Sê nou daar is 'n broer of 'n suster wat nie klere het nie en dag vir dag honger ly,
16 en sê nou een van julle sou vir hulle sê: "Mag dit met julle goed gaan; gaan trek julle warm aan en eet genoeg," maar julle gee nie vir hulle wat hulle nodig het om van te lewe nie, wat help dit dan?
17 So gaan dit ook met die geloof: as dit nie tot dade oorgaan nie, is dit sonder meer dood.
18 Maar iemand kan miskien sê: "Die een het die geloof en die ander het die dade." Goed, wys dan vir my jou geloof wat sonder dade is, en ek sal jou my geloof wys uit my dade.
19 Glo jy dat daar net een God is? Dit is reg. Die bose geeste glo dit ook-en hulle sidder van angs.
20 Jou dwaas, wil jy 'n bewys hê dat geloof sonder dade nutteloos is?

Read more...(to top)

Johannes 14 (Bybel in Afrikaans (1983-vertaling))

9 En Jesus sê vir hom: "Ek is al so lank by julle, en ken jy My nie, Filippus? Wie My sien, sien die Vader. Hoe kan jy dan sê: 'Wys vir ons die Vader'?
10 Glo jy nie dat Ek in die Vader is en die Vader in My nie? Die woorde wat Ek met julle praat, praat Ek nie uit my eie nie; maar dit kom van die Vader wat in My bly en sy werke doen.
11 Glo in My omdat Ek in die Vader is en die Vader in My; of anders, glo op grond van die werke self.
12 "Dít verseker Ek julle: Wie in My glo, sal ook die dinge doen wat Ek doen; en hy sal nog groter dinge as dit doen, omdat Ek na die Vader toe gaan.
13 Wat julle ook al in my Naam vra, sal Ek doen, sodat die Vader deur die Seun verheerlik kan word.
14 As julle My iets in my Naam vra, sal Ek dit doen."
15 "As julle My liefhet, sal julle my opdragte uitvoer.

Read more...(to top)

Other Bible Editions

Select...

English Standard Version

Faith by itself, if it does not have works, is dead.

James 2:17

Jesus said:

Whoever believes in me will also do the works that I do; and greater works than these will he do, because I am going to the Father.

John 14:12

Jakobus 2 (English Standard Version)

14 What good is it, my brothers, if someone says he has faith but does not have works? Can that faith save him?
15 If a brother or sister is poorly clothed and lacking in daily food,
16 and one of you says to them, “Go in peace, be warmed and filled,” without giving them the things needed for the body, what good is that?
17 So also faith by itself, if it does not have works, is dead.
18 But someone will say, “You have faith and I have works.” Show me your faith apart from your works, and I will show you my faith by my works.
19 You believe that God is one; you do well. Even the demons believe—and shudder!
20 Do you want to be shown, you foolish person, that faith apart from works is useless?

Read more...(to top)

Johannes 14 (English Standard Version)

9 Jesus said to him,
“Have I been with you so long, and you still do not know me, Philip? Whoever has seen me has seen the Father. How can you say, ‘Show us the Father’?
10 Do you not believe that I am in the Father and the Father is in me? The words that I say to you I do not speak on my own authority, but the Father who dwells in me does his works.
11 Believe me that I am in the Father and the Father is in me, or else believe on account of the works themselves.
12 “Truly, truly, I say to you, whoever believes in me will also do the works that I do; and greater works than these will he do, because I am going to the Father.
13 Whatever you ask in my name, this I will do, that the Father may be glorified in the Son.
14 If you ask me anything in my name, I will do it.
15 “If you love me, you will keep my commandments.

Read more...(to top)