Skip navigation and move to Contents...
Bible 2.0 Scripture explains itself Bible 2.0

<< Die Woord vir Sondag 19 April 2026

Bybel in Afrikaans (1983-vertaling)

Wees veral bly omdat julle name in die hemel opgeskryf is.

Lukas 10:20

Voortdurend word ons wat lewe, ter wille van Jesus uitgelewer aan die dood, sodat ook in ons sterflike bestaan die lewe van Jesus sigbaar kan word.

2 Korintiërs 4:11

Lukas 10 (Bybel in Afrikaans (1983-vertaling))

17 Die twee en sewentig het vol blydskap teruggekom en gesê: "Here, selfs die bose geeste onderwerp hulle aan ons by die hoor van u Naam."
18 Toe sê Hy vir hulle: "Ek het die Satan soos 'n weerligstraal uit die hemel sien val.
19 Kyk, Ek het aan julle die mag gegee om op slange en skerpioene te trap en om die vyand met al sy geweld te oorwin, sonder dat iets julle enige leed aandoen.
20 En tog moet julle nie bly wees net omdat die geeste hulle aan julle onderwerp nie, maar wees veral bly omdat julle name in die hemel opgeskryf is."
21 By daardie selfde geleentheid het Jesus deur die Heilige Gees dit uitgejubel: "Ek prys U, Vader, Here van hemel en aarde, dat U hierdie dinge vir slim en geleerde mense verberg het en dit aan eenvoudiges bekend gemaak het. Ja, Vader, so was dit u genadige bedoeling.
22 "My Vader het alles aan My toevertrou. Niemand weet wie die Seun is nie behalwe die Vader, en wie die Vader is nie behalwe die Seun en elkeen aan wie die Seun dit wil bekend maak."
23 Toe draai Jesus Hom na sy dissipels afsonderlik en sê vir hulle: "Hoe bevoorreg is die oë wat sien wat julle sien,

Read more...(to top)

2 Korintiërs 4 (Bybel in Afrikaans (1983-vertaling))

8 In alles word ons verdruk, maar ons is nie terneergedruk nie; ons is oor raad verleë, maar nie radeloos nie;
9 ons word vervolg, maar nie deur God verlaat nie, op die grond neergegooi, maar nie vernietig nie.
10 Die sterwe van Jesus dra ons altyd saam in ons liggaam, sodat ook die lewe van Jesus sigbaar kan word in ons liggaam.
11 Voortdurend word ons wat lewe, ter wille van Jesus uitgelewer aan die dood, sodat ook in ons sterflike bestaan die lewe van Jesus sigbaar kan word.
12 Dit beteken dat in ons die dood aan die werk is, maar in julle die lewe.
13 Daar staan in die Skrif: "Ek het geglo, daarom het ek gepraat." Ons het dieselfde Gees wat die geloof wek, en ons glo, daarom praat ons ook.
14 Ons weet immers dat God, wat die Here Jesus uit die dood opgewek het, ons ook saam met Jesus sal opwek en ons saam met julle voor sy troon sal stel.

Read more...(to top)

Other Bible Editions

Select...

English Standard Version

Rejoice that your names are written in heaven.

Luke 10:20

We who live are always being given over to death for Jesus' sake, so that the life of Jesus also may be manifested in our mortal flesh.

2 Corinthians 4:11

Lukas 10 (English Standard Version)

17 The seventy-two returned with joy, saying, “Lord, even the demons are subject to us in your name!”
18 And he said to them,
“I saw Satan fall like lightning from heaven.
19 Behold, I have given you authority to tread on serpents and scorpions, and over all the power of the enemy, and nothing shall hurt you.
20 Nevertheless, do not rejoice in this, that the spirits are subject to you, but rejoice that your names are written in heaven.”
21 In that same hour he rejoiced in the Holy Spirit and said,
“I thank you, Father, Lord of heaven and earth, that you have hidden these things from the wise and understanding and revealed them to little children; yes, Father, for such was your gracious will.
22 All things have been handed over to me by my Father, and no one knows who the Son is except the Father, or who the Father is except the Son and anyone to whom the Son chooses to reveal him.”
23 Then turning to the disciples he said privately,
“Blessed are the eyes that see what you see!

Read more...(to top)

2 Korintiërs 4 (English Standard Version)

8 We are afflicted in every way, but not crushed; perplexed, but not driven to despair;
9 persecuted, but not forsaken; struck down, but not destroyed;
10 always carrying in the body the death of Jesus, so that the life of Jesus may also be manifested in our bodies.
11 For we who live are always being given over to death for Jesus' sake, so that the life of Jesus also may be manifested in our mortal flesh.
12 So death is at work in us, but life in you.
13 Since we have the same spirit of faith according to what has been written, “I believed, and so I spoke,” we also believe, and so we also speak,
14 knowing that he who raised the Lord Jesus will raise us also with Jesus and bring us with you into his presence.

Read more...(to top)