Skip navigation and move to Contents...
Bible 2.0 Scripture explains itself Bible 2.0

Die Woord vir Dinsdag 10 Maart 2026

Bybel in Afrikaans (1983-vertaling)

Wie sal ons glo as ons hiervan vertel? Wie sal die mag van die Here hierin kan raaksien?

Jesaja 53:1

Jesus sê:

Die tyd het aangebreek, en die koninkryk van God het naby gekom. Bekeer julle en glo die evangelie.

Markus 1:15

Jesaja 53 (Bybel in Afrikaans (1983-vertaling))

1 Wie sal ons glo as ons hiervan vertel? Wie sal die mag van die Here hierin kan raaksien?
2 Die dienaar was soos 'n loot wat voor die Here uitspruit, soos 'n plant wat wortel skiet in droë grond. Hy het nie skoonheid of prag gehad dat ons na hom sou kyk nie, nie die voorkoms dat ons van hom sou hou nie.
3 Hy was verag en deur die mense verstoot, 'n man van lyding wat pyn geken het, iemand vir wie die mense die gesig wegdraai. Hy was verag, ons het hom nie gereken nie.
4 Tog het hy óns lyding op hom geneem, óns siektes het hy gedra. Maar ons het hom beskou as een wat gestraf word, wat deur God geslaan en gepynig word.

Read more...(to top)

Markus 1 (Bybel in Afrikaans (1983-vertaling))

12 Net daarna het die Gees Hom weggevat die woestyn in,
13 waar Hy veertig dae lank gebly het en deur die Satan versoek is. Jesus was daar saam met die wilde diere, en die engele het Hom versorg.
14 Nadat Johannes in die tronk opgesluit is, het Jesus na Galilea toe gegaan en die evangelie van God verkondig.
15 Hy het gesê: "Die tyd het aangebreek, en die koninkryk van God het naby gekom. Bekeer julle en glo die evangelie."
16 Eendag toe Jesus langs die See van Galilea loop, het Hy vir Simon en Simon se broer Andreas gesien waar hulle besig was om werpnette in die see uit te gooi. Hulle was vissers van beroep.
17 Hy het toe vir hulle gesê: "Kom hier! Kom saam met My, en Ek sal julle vissers van mense maak."
18 Onmiddellik het hulle die nette gelos en Hom gevolg.

Read more...(to top)

Other Bible Editions

Select...

English Standard Version

Who has believed what he has heard from us? And to whom has the arm of the Lord been revealed?

Isaiah 53:1

Jesus said:

The time is fulfilled, and the kingdom of God is at hand; repent and believe in the gospel.

Mark 1:15

Jesaja 53 (English Standard Version)

1 Who has believed what he has heard from us?
And to whom has the arm of the Lord been revealed?
2 For he grew up before him like a young plant,
and like a root out of dry ground;
he had no form or majesty that we should look at him,
and no beauty that we should desire him.
3 He was despised and rejected by men;
a man of sorrows, and acquainted with grief;
and as one from whom men hide their faces
he was despised, and we esteemed him not.
4 Surely he has borne our griefs
and carried our sorrows;
yet we esteemed him stricken,
smitten by God, and afflicted.

Read more...(to top)

Markus 1 (English Standard Version)

12 The Spirit immediately drove him out into the wilderness.
13 And he was in the wilderness forty days, being tempted by Satan. And he was with the wild animals, and the angels were ministering to him.
14 Now after John was arrested, Jesus came into Galilee, proclaiming the gospel of God,
15 and saying,
“The time is fulfilled, and the kingdom of God is at hand; repent and believe in the gospel.”
16 Passing alongside the Sea of Galilee, he saw Simon and Andrew the brother of Simon casting a net into the sea, for they were fishermen.
17 And Jesus said to them,
“Follow me, and I will make you become fishers of men.”
18 And immediately they left their nets and followed him.

Read more...(to top)