Skip navigation and move to Contents...
Bible 2.0 Scripture explains itself Bible 2.0

<< >> Die Woord vir Woensdag 4 Maart 2026

Bybel in Afrikaans (1983-vertaling)

Sing saam met my oor die grootheid van die Here en laat ons saam sy Naam prys.

Psalm 34:4

Daarna het al die mense stilgebly en na Barnabas en Paulus geluister. Hulle het vertel van die tekens en wonders wat God deur hulle onder die heidennasies gedoen het.

Handelinge 15:12

Psalm 34 (Bybel in Afrikaans (1983-vertaling))

1 'n Lied van Dawid. Hy het hom kranksinnig gehou by Abimelek. Dié het hom weggejaag en hy het padgegee.
2 Ek sal die Here altyd weer prys, sy lof sal altyd op my lippe wees.
3 Ek sal die roem van die Here sing; die wat swaar kry, sal dit hoor en daaroor bly wees.
4 Sing saam met my oor die grootheid van die Here en laat ons saam sy Naam prys.
5 Ek het die Here aangeroep en Hy het my geantwoord, Hy het my gered uit alle doodsgevare.
6 Dié wat swaar kry, sien op na Hom en straal van blydskap, hulle word nie teleurgestel in hulle verwagting nie.
7 Ek is een van die ellendiges wat geroep het. Die Here het gehoor, uit al my benoudhede het Hy my gered.

Read more...(to top)

Handelinge 15 (Bybel in Afrikaans (1983-vertaling))

9 Hy het geen onderskeid tussen ons en hulle gemaak nie: Hy het ook hulle harte deur die geloof gereinig.
10 Waarom wil julle dan nou God se geduld op die proef stel deur op die nek van die gelowiges uit die heidennasies 'n juk te lê wat ons voorvaders nie in staat was om te dra nie en ons ook nie?
11 Nee! Ons, en ook hierdie gelowiges, glo dat ons net deur die genade van die Here Jesus gered word."
12 Daarna het al die mense stilgebly en na Barnabas en Paulus geluister. Hulle het vertel van die tekens en wonders wat God deur hulle onder die heidennasies gedoen het.
13 Toe hulle klaar was, sê Jakobus: "Broers, luister na my!
14 Simon het verduidelik hoe dit God self is wat begin het om na die heidennasies om te sien deur vir Hom 'n volk uit hulle te versamel.
15 Die profete sê dieselfde. Daar staan geskrywe:

Read more...(to top)

Other Bible Editions

Select...

English Standard Version

Oh, magnify the Lord with me, and let us exalt his name together!

Psalm 34:3

All the assembly fell silent, and they listened to Barnabas and Paul as they related what signs and wonders God had done through them among the Gentiles.

Acts 15:12

Psalm 34 (English Standard Version)

1 I will bless the Lord at all times;
his praise shall continually be in my mouth.
2 My soul makes its boast in the Lord;
let the humble hear and be glad.
3 Oh, magnify the Lord with me,
and let us exalt his name together!
4 I sought the Lord, and he answered me
and delivered me from all my fears.
5 Those who look to him are radiant,
and their faces shall never be ashamed.
6 This poor man cried, and the Lord heard him
and saved him out of all his troubles.

Read more...(to top)

Handelinge 15 (English Standard Version)

9 and he made no distinction between us and them, having cleansed their hearts by faith.
10 Now, therefore, why are you putting God to the test by placing a yoke on the neck of the disciples that neither our fathers nor we have been able to bear?
11 But we believe that we will be saved through the grace of the Lord Jesus, just as they will.”
12 And all the assembly fell silent, and they listened to Barnabas and Paul as they related what signs and wonders God had done through them among the Gentiles.
13 After they finished speaking, James replied, “Brothers, listen to me.
14 Simeon has related how God first visited the Gentiles, to take from them a people for his name.
15 And with this the words of the prophets agree, just as it is written,

Read more...(to top)