Skip navigation and move to Contents...
Bible 2.0 Scripture explains itself Bible 2.0

>> Die Woord vir Saterdag 28 Februarie 2026

Bybel in Afrikaans (1983-vertaling)

Jesus het vir die twee-en-sewentig gesê: "Ek het die Satan soos 'n weerligstraal uit die hemel sien val."

Lukas 10:18

God het elke mag en gesag ontwapen en hulle in die openbaar vertoon deur hulle as gevangenes in die triomftog van Christus mee te voer.

Kolossense 2:15

Lukas 10 (Bybel in Afrikaans (1983-vertaling))

15 En jy, Kapernaum, dink jy jy sal tot die hemel toe verhoog word? Nee, jy sal tot in die doderyk afdaal!
16 "Wie na julle luister, luister na My; wie vir julle verwerp, verwerp My; en wie My verwerp, verwerp Hom wat My gestuur het."
17 Die twee en sewentig het vol blydskap teruggekom en gesê: "Here, selfs die bose geeste onderwerp hulle aan ons by die hoor van u Naam."
18 Toe sê Hy vir hulle: "Ek het die Satan soos 'n weerligstraal uit die hemel sien val.
19 Kyk, Ek het aan julle die mag gegee om op slange en skerpioene te trap en om die vyand met al sy geweld te oorwin, sonder dat iets julle enige leed aandoen.
20 En tog moet julle nie bly wees net omdat die geeste hulle aan julle onderwerp nie, maar wees veral bly omdat julle name in die hemel opgeskryf is."
21 By daardie selfde geleentheid het Jesus deur die Heilige Gees dit uitgejubel: "Ek prys U, Vader, Here van hemel en aarde, dat U hierdie dinge vir slim en geleerde mense verberg het en dit aan eenvoudiges bekend gemaak het. Ja, Vader, so was dit u genadige bedoeling.

Read more...(to top)

Kolossense 2 (Bybel in Afrikaans (1983-vertaling))

12 Dit het by die doop gebeur deurdat julle toe saam met Hom begrawe is. Deur julle verbondenheid met Hom is julle ook saam met Hom opgewek, omdat julle geglo het in die krag van God wat Hom uit die dood opgewek het.
13 Julle was dood deurdat julle gesondig het en deurdat julle sondige natuur nog nie weggeneem was nie. God het julle egter saam met Christus lewend gemaak deurdat Hy ons al ons sondes vergewe het.
14 Hy het die skuldbewys met sy eise teen ons tot niet gemaak. Deur dit aan die kruis te spyker, het Hy dit vir goed weggeneem.
15 Hy het elke mag en gesag ontwapen en hulle in die openbaar vertoon deur hulle as gevangenes in die triomftog van Christus mee te voer.
16 Daarom moet julle nie dat iemand vir julle voorskrywe wat julle moet eet en drink nie, of dat julle die jaarlikse feeste of die nuwemaansfees of die sabbatdag moet vier nie.
17 Dit is alles maar net die skaduwee van wat sou kom; die werklikheid is Christus.
18 Moenie dat iemand wat behae skep in danige nederigheid en in die aanbidding van engele en wat voorgee dat hy allerhande visioene gesien het, julle daarmee mislei nie. So iemand verhef hom oor wat hy in eiewaan van homself dink,

Read more...(to top)

Other Bible Editions

Select...

English Standard Version

Jesus said to the seventy-two, I saw Satan fall like lightning from heaven.

Luke 10:18

God disarmed the rulers and authorities and put them to open shame, by triumphing over them in him.

Colossians 2:15

Lukas 10 (English Standard Version)

15 And you, Capernaum, will you be exalted to heaven? You shall be brought down to Hades.
16 “The one who hears you hears me, and the one who rejects you rejects me, and the one who rejects me rejects him who sent me.”
17 The seventy-two returned with joy, saying, “Lord, even the demons are subject to us in your name!”
18 And he said to them,
“I saw Satan fall like lightning from heaven.
19 Behold, I have given you authority to tread on serpents and scorpions, and over all the power of the enemy, and nothing shall hurt you.
20 Nevertheless, do not rejoice in this, that the spirits are subject to you, but rejoice that your names are written in heaven.”
21 In that same hour he rejoiced in the Holy Spirit and said,
“I thank you, Father, Lord of heaven and earth, that you have hidden these things from the wise and understanding and revealed them to little children; yes, Father, for such was your gracious will.

Read more...(to top)

Kolossense 2 (English Standard Version)

12 having been buried with him in baptism, in which you were also raised with him through faith in the powerful working of God, who raised him from the dead.
13 And you, who were dead in your trespasses and the uncircumcision of your flesh, God made alive together with him, having forgiven us all our trespasses,
14 by canceling the record of debt that stood against us with its legal demands. This he set aside, nailing it to the cross.
15 He disarmed the rulers and authorities and put them to open shame, by triumphing over them in him.
16 Therefore let no one pass judgment on you in questions of food and drink, or with regard to a festival or a new moon or a Sabbath.
17 These are a shadow of the things to come, but the substance belongs to Christ.
18 Let no one disqualify you, insisting on asceticism and worship of angels, going on in detail about visions, puffed up without reason by his sensuous mind,

Read more...(to top)