Skip navigation and move to Contents...
Bible 2.0 Scripture explains itself Bible 2.0

<< >> Die Woord vir Donderdag 12 Februarie 2026

Bybel in Afrikaans (1983-vertaling)

Ons God het die vloek in seën laat verander.

Nehemia 13:2

God het die skuldbewys met sy eise teen ons tot niet gemaak. Deur dit aan die kruis te spyker, het Hy dit vir goed weggeneem.

Kolossense 2:14

Nehemia 13 (Bybel in Afrikaans (1983-vertaling))

1 Daardie dag is daar ten aanhore van die volk voorgelees uit die boek van Moses, en daar is geskryf gevind dat 'n Ammoniet of Moabiet nooit in die gemeente van God mag kom nie.
2 Dit was omdat hulle nie brood en water aan die Israeliete wou gee nie en vir Bileam gehuur het om 'n vloek oor Israel uit te spreek. Ons God het die vloek in seën laat verander.
3 Toe die volk dié wet hoor, het hulle almal wat van gemengde herkoms was, van Israel afgeskei.
4 Tevore het die priester Eljasib, wat in beheer was van die opslagplek by die huis van ons God en familie van Tobija was,
5 vir Tobija 'n groot kamer ingerig wat tevore gebruik was vir die graanoffer, die wierook, die offergereedskap, die tiendes van koring, wyn en olie, die aandeel van die Leviete, die sangers en die poortwagte, en die offergawe vir die priesters.

Read more...(to top)

Kolossense 2 (Bybel in Afrikaans (1983-vertaling))

11 Deur julle verbondenheid met Hom is julle ook besny, nie met die besnydenis wat deur mense verrig word nie, maar met die besnydenis deur Christus, en dit bestaan in die wegneem van die sondige natuur van die mens.
12 Dit het by die doop gebeur deurdat julle toe saam met Hom begrawe is. Deur julle verbondenheid met Hom is julle ook saam met Hom opgewek, omdat julle geglo het in die krag van God wat Hom uit die dood opgewek het.
13 Julle was dood deurdat julle gesondig het en deurdat julle sondige natuur nog nie weggeneem was nie. God het julle egter saam met Christus lewend gemaak deurdat Hy ons al ons sondes vergewe het.
14 Hy het die skuldbewys met sy eise teen ons tot niet gemaak. Deur dit aan die kruis te spyker, het Hy dit vir goed weggeneem.
15 Hy het elke mag en gesag ontwapen en hulle in die openbaar vertoon deur hulle as gevangenes in die triomftog van Christus mee te voer.
16 Daarom moet julle nie dat iemand vir julle voorskrywe wat julle moet eet en drink nie, of dat julle die jaarlikse feeste of die nuwemaansfees of die sabbatdag moet vier nie.
17 Dit is alles maar net die skaduwee van wat sou kom; die werklikheid is Christus.

Read more...(to top)

Other Bible Editions

Select...

English Standard Version

Our God turned the curse into a blessing.

Nehemiah 13:2

God cancelled the record of debt that stood against us with its legal demands. This he set aside, nailing it to the cross.

Colossians 2:14

Nehemia 13 (English Standard Version)

1 On that day they read from the Book of Moses in the hearing of the people. And in it was found written that no Ammonite or Moabite should ever enter the assembly of God,
2 for they did not meet the people of Israel with bread and water, but hired Balaam against them to curse them—yet our God turned the curse into a blessing.
3 As soon as the people heard the law, they separated from Israel all those of foreign descent.
4 Now before this, Eliashib the priest, who was appointed over the chambers of the house of our God, and who was related to Tobiah,
5 prepared for Tobiah a large chamber where they had previously put the grain offering, the frankincense, the vessels, and the tithes of grain, wine, and oil, which were given by commandment to the Levites, singers, and gatekeepers, and the contributions for the priests.

Read more...(to top)

Kolossense 2 (English Standard Version)

11 In him also you were circumcised with a circumcision made without hands, by putting off the body of the flesh, by the circumcision of Christ,
12 having been buried with him in baptism, in which you were also raised with him through faith in the powerful working of God, who raised him from the dead.
13 And you, who were dead in your trespasses and the uncircumcision of your flesh, God made alive together with him, having forgiven us all our trespasses,
14 by canceling the record of debt that stood against us with its legal demands. This he set aside, nailing it to the cross.
15 He disarmed the rulers and authorities and put them to open shame, by triumphing over them in him.
16 Therefore let no one pass judgment on you in questions of food and drink, or with regard to a festival or a new moon or a Sabbath.
17 These are a shadow of the things to come, but the substance belongs to Christ.

Read more...(to top)