Skip navigation and move to Contents...
Bible 2.0 Scripture explains itself Bible 2.0

>> Die Woord vir Sondag 8 Februarie 2026

Bybel in Afrikaans (1983-vertaling)

Sonder ophou sal ek van u verlossingswerk, van u reddingsdade bly praat, want hulle is meer as wat ek kan tel.

Psalm 71:15

Waar die hart van vol is, loop die mond van oor.

Lukas 6:45

Psalm 71 (Bybel in Afrikaans (1983-vertaling))

12 Moet tog nie ver van my af bly nie, o God, kom my tog gou te hulp, my God!
13 Laat dié wat my vals beskuldig, self in die ellende beland en vernietig word. Laat oor dié wat my ondergang soek, net skande en mislukking kom.
14 Ek, ek sal gedurigdeur bly hoop, ek sal U altyd weer loof.
15 Sonder ophou sal ek van u verlossingswerk, van u reddingsdade bly praat, want hulle is meer as wat ek kan tel.
16 Ek kom om u magtige dade te prys, Here my God, die verlossingswerk wat net U kan doen.
17 U het my van jongs af onderrig, o God, en ek getuig nou nog van u kragtige dade.
18 Nou dat ek oud en grys geword het, moet U my tog nie alleen laat nie, o God, dat ek nog aan die geslagte wat kom, kan vertel van u werk en u mag.

Read more...(to top)

Lukas 6 (Bybel in Afrikaans (1983-vertaling))

42 Jy wat die balk in jou eie oog nie raaksien nie, hoe kan jy vir jou broer sê: 'Broer, laat my toe om die splinter in jou oog uit te haal'? Huigelaar! Haal eers die balk uit jou eie oog uit, dan sal jy goed kan sien om die splinter in jou broer se oog uit te haal."
43 "Dit is nie die goeie boom wat slegte vrugte dra nie, en ook nie die slegte boom wat goeie vrugte dra nie.
44 Elke boom word aan sy eie vrugte geken. Van doringstruike pluk 'n mens mos nie vye nie, en van 'n doringbos oes jy ook nie druiwe nie.
45 Die goeie mens bring die goeie te voorskyn uit die oorvloed goeie dinge in sy hart, en die slegte mens bring die slegte te voorskyn uit die oorvloed slegte dinge. Waar die hart van vol is, loop die mond van oor."
46 "Watter sin het dit dat julle My aanspreek met 'Here, Here!' en nie doen wat Ek sê nie?
47 Elkeen wat na My toe kom en na my woorde luister en doen wat Ek sê-Ek sal vir julle verduidelik soos wie hy is:
48 Hy is soos 'n man wat by die bou van sy huis die grond diep uitgegrawe en die fondament op die rotsbodem gelê het. Toe daar 'n oorstroming kom en die vloedwater die huis tref, kon dit hom nie beweeg nie, want die huis was goed gebou.

Read more...(to top)

Other Bible Editions

Select...

English Standard Version

My mouth will tell of your righteous acts, of your deeds of salvation all the day, for their number is past my knowledge.

Psalm 71:15

Out of the abundance of the heart the person's mouth speaks.

Luke 6:45

Psalm 71 (English Standard Version)

12 O God, be not far from me;
O my God, make haste to help me!
13 May my accusers be put to shame and consumed;
with scorn and disgrace may they be covered
who seek my hurt.
14 But I will hope continually
and will praise you yet more and more.
15 My mouth will tell of your righteous acts,
of your deeds of salvation all the day,
for their number is past my knowledge.
16 With the mighty deeds of the Lord God I will come;
I will remind them of your righteousness, yours alone.
17 O God, from my youth you have taught me,
and I still proclaim your wondrous deeds.
18 So even to old age and gray hairs,
O God, do not forsake me,
until I proclaim your might to another generation,
your power to all those to come.

Read more...(to top)

Lukas 6 (English Standard Version)

42 How can you say to your brother, ‘Brother, let me take out the speck that is in your eye,’ when you yourself do not see the log that is in your own eye? You hypocrite, first take the log out of your own eye, and then you will see clearly to take out the speck that is in your brother's eye.
43 “For no good tree bears bad fruit, nor again does a bad tree bear good fruit,
44 for each tree is known by its own fruit. For figs are not gathered from thornbushes, nor are grapes picked from a bramble bush.
45 The good person out of the good treasure of his heart produces good, and the evil person out of his evil treasure produces evil, for out of the abundance of the heart his mouth speaks.
46 “Why do you call me ‘Lord, Lord,’ and not do what I tell you?
47 Everyone who comes to me and hears my words and does them, I will show you what he is like:
48 he is like a man building a house, who dug deep and laid the foundation on the rock. And when a flood arose, the stream broke against that house and could not shake it, because it had been well built.

Read more...(to top)