Skip navigation and move to Contents...
Bible 2.0 Scripture explains itself Bible 2.0

<< >> Die Woord vir Maandag 17 November 2025

Bybel in Afrikaans (1983-vertaling)

Jesus het deur die Heilige Gees dit uitgejubel: "Ek prys U, Vader, Here van hemel en aarde, dat U hierdie dinge vir slim en geleerde mense verberg het en dit aan eenvoudiges bekend gemaak het. Ja, Vader, so was dit u genadige bedoeling."

Lukas 10:21

Dit was die bedoeling van God in sy wysheid dat die wêreld nie deur geleerdheid tot kennis van God sou kom nie. Daarom het God in sy goedheid besluit om deur die prediking wat vir die wêreld onsin is, dié te red wat glo.

1 Korintiërs 1:21

Lukas 10 (Bybel in Afrikaans (1983-vertaling))

18 Toe sê Hy vir hulle: "Ek het die Satan soos 'n weerligstraal uit die hemel sien val.
19 Kyk, Ek het aan julle die mag gegee om op slange en skerpioene te trap en om die vyand met al sy geweld te oorwin, sonder dat iets julle enige leed aandoen.
20 En tog moet julle nie bly wees net omdat die geeste hulle aan julle onderwerp nie, maar wees veral bly omdat julle name in die hemel opgeskryf is."
21 By daardie selfde geleentheid het Jesus deur die Heilige Gees dit uitgejubel: "Ek prys U, Vader, Here van hemel en aarde, dat U hierdie dinge vir slim en geleerde mense verberg het en dit aan eenvoudiges bekend gemaak het. Ja, Vader, so was dit u genadige bedoeling.
22 "My Vader het alles aan My toevertrou. Niemand weet wie die Seun is nie behalwe die Vader, en wie die Vader is nie behalwe die Seun en elkeen aan wie die Seun dit wil bekend maak."
23 Toe draai Jesus Hom na sy dissipels afsonderlik en sê vir hulle: "Hoe bevoorreg is die oë wat sien wat julle sien,
24 want Ek sê vir julle: Baie profete en konings het daarna verlang om te sien wat julle nou sien, en hulle het dit nie gesien nie; en om te hoor wat julle nou hoor, en hulle het dit nie gehoor nie."

Read more...(to top)

1 Korintiërs 1 (Bybel in Afrikaans (1983-vertaling))

18 Die boodskap van die kruis van Christus is wel onsin vir dié wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God.
19 Daar staan tog geskrywe: "Die wysheid van die wyses sal Ek vernietig, en die geleerdheid van die geleerdes sal Ek tot niet maak."
20 Waar is die wysgeer van hierdie wêreld nou? Waar die skrifgeleerde? Waar die slim woordvoerder? Het God nie die wysheid van die wêreld tot onsin gemaak nie?
21 Dit was die bedoeling van God in sy wysheid dat die wêreld nie deur geleerdheid tot kennis van God sou kom nie. Daarom het God in sy goedheid besluit om deur die prediking wat vir die wêreld onsin is, dié te red wat glo.
22 Die Jode vra wondertekens en die Grieke soek wysheid,
23 maar ons verkondig Christus wat gekruisig is. Vir die Jode is dit 'n aanstoot en vir die ander is dit onsin,
24 maar vir dié wat deur God geroep is, Jode sowel as Grieke, is Christus die krag van God en die wysheid van God.

Read more...(to top)

Other Bible Editions

Select...

English Standard Version

Jesus said:

I thank you, Father, Lord of heaven and earth, that you have hidden these things from the wise and understanding and revealed them to little children; yes, Father, for such was your gracious will.

Luke 10:21

Since, in the wisdom of God, the world did not know God through wisdom, it pleased God through the folly of what we preach to save those who believe.

1 Corinthians 1:21

Lukas 10 (English Standard Version)

18 And he said to them,
“I saw Satan fall like lightning from heaven.
19 Behold, I have given you authority to tread on serpents and scorpions, and over all the power of the enemy, and nothing shall hurt you.
20 Nevertheless, do not rejoice in this, that the spirits are subject to you, but rejoice that your names are written in heaven.”
21 In that same hour he rejoiced in the Holy Spirit and said,
“I thank you, Father, Lord of heaven and earth, that you have hidden these things from the wise and understanding and revealed them to little children; yes, Father, for such was your gracious will.
22 All things have been handed over to me by my Father, and no one knows who the Son is except the Father, or who the Father is except the Son and anyone to whom the Son chooses to reveal him.”
23 Then turning to the disciples he said privately,
“Blessed are the eyes that see what you see!
24 For I tell you that many prophets and kings desired to see what you see, and did not see it, and to hear what you hear, and did not hear it.”

Read more...(to top)

1 Korintiërs 1 (English Standard Version)

18 For the word of the cross is folly to those who are perishing, but to us who are being saved it is the power of God.
19 For it is written,
“I will destroy the wisdom of the wise,
and the discernment of the discerning I will thwart.”
20 Where is the one who is wise? Where is the scribe? Where is the debater of this age? Has not God made foolish the wisdom of the world?
21 For since, in the wisdom of God, the world did not know God through wisdom, it pleased God through the folly of what we preach to save those who believe.
22 For Jews demand signs and Greeks seek wisdom,
23 but we preach Christ crucified, a stumbling block to Jews and folly to Gentiles,
24 but to those who are called, both Jews and Greeks, Christ the power of God and the wisdom of God.

Read more...(to top)