Skip navigation and move to Contents...
Bible 2.0 Scripture explains itself Bible 2.0

<< >> Die Woord vir Vrydag 14 November 2025

Bybel in Afrikaans (1983-vertaling)

Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Ek is die Here.

Levitikus 19:18

Alles wat julle wil hê dat die mense aan julle moet doen, moet julle ook aan hulle doen. Dit is tog waarop dit neerkom in die wet en die profete.

Matteus 7:12

Levitikus 19 (Bybel in Afrikaans (1983-vertaling))

15 "Jy mag nie onregverdig wees in die regspraak nie: jy mag nie partydig wees vir dié wat geen aansien het nie of die vooraanstaande bevoordeel nie. Oordeel regverdig oor jou naaste.
16 Jy mag nie loop en skinder nie, jy mag nie jou medemens se lewe in gevaar stel nie. Ek is die Here.
17 "Jy mag nie haatdraend wees teenoor jou volksgenoot nie. Maak die geskil openlik met hom uit, moenie wat hy verkeerd gedoen het, teen hom bly hou nie.
18 Jy mag nie wraak neem of 'n grief koester teenoor jou volksgenoot nie, jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Ek is die Here.
19 "Julle moet my voorskrifte gehoorsaam. Moenie verskillende soorte diere kruis of verskillende soorte saad in een land saai of 'n kledingstuk van verskillende soorte materiaal dra nie.
20 "Wanneer die eienaar van 'n slavin reeds 'n ooreenkoms aangegaan het waarvolgens iemand anders haar as byvrou koop, en die eienaar het met haar gemeenskap voordat die prys betaal is en voordat hy van haar afstand gedoen het, moet hy aan die toekomstige eienaar skadevergoeding betaal. Hulle mag nie die doodstraf opgelê word nie, want hy het nog beskikkingsreg oor haar.
21 Verder moet hy as skuldoffer vir die Here 'n ram bring na die ingang van die tent van ontmoeting toe.

Read more...(to top)

Matteus 7 (Bybel in Afrikaans (1983-vertaling))

9 "Watter mens onder julle sal vir sy seun 'n klip gee as hy brood vra,
10 of 'n slang as hy vis vra?
11 As julle wat sleg is, dan weet om vir julle kinders goeie dinge te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemel is, goeie gawes gee aan dié wat dit van Hom vra?
12 "Alles wat julle wil hê dat die mense aan julle moet doen, moet julle ook aan hulle doen. Dit is tog waarop dit neerkom in die wet en die profete."
13 "Gaan deur die nou poort in. Die poort wat na die verderf lei, is wyd en die pad daarheen breed, en dié wat daardeur ingaan, is baie.
14 Maar die poort wat na die lewe lei, is nou en die pad daarheen smal, en dié wat dit kry, is min."
15 "Pas op vir die vals profete. Hulle kom na julle toe in skaapsklere, maar in werklikheid is hulle verskeurende wolwe.

Read more...(to top)

Other Bible Editions

Select...

English Standard Version

You shall love your neighbor as yourself: I am the Lord.

Leviticus 19:18

Whatever you wish that others would do to you, do also to them, for this is the Law and the Prophets.

Matthew 7:12

Levitikus 19 (English Standard Version)

15 “You shall do no injustice in court. You shall not be partial to the poor or defer to the great, but in righteousness shall you judge your neighbor.
16 You shall not go around as a slanderer among your people, and you shall not stand up against the life of your neighbor: I am the Lord.
17 “You shall not hate your brother in your heart, but you shall reason frankly with your neighbor, lest you incur sin because of him.
18 You shall not take vengeance or bear a grudge against the sons of your own people, but you shall love your neighbor as yourself: I am the Lord.
19 “You shall keep my statutes. You shall not let your cattle breed with a different kind. You shall not sow your field with two kinds of seed, nor shall you wear a garment of cloth made of two kinds of material.
20 “If a man lies sexually with a woman who is a slave, assigned to another man and not yet ransomed or given her freedom, a distinction shall be made. They shall not be put to death, because she was not free;
21 but he shall bring his compensation to the Lord, to the entrance of the tent of meeting, a ram for a guilt offering.

Read more...(to top)

Matteus 7 (English Standard Version)

9 Or which one of you, if his son asks him for bread, will give him a stone?
10 Or if he asks for a fish, will give him a serpent?
11 If you then, who are evil, know how to give good gifts to your children, how much more will your Father who is in heaven give good things to those who ask him!
12 “So whatever you wish that others would do to you, do also to them, for this is the Law and the Prophets.
13 “Enter by the narrow gate. For the gate is wide and the way is easy that leads to destruction, and those who enter by it are many.
14 For the gate is narrow and the way is hard that leads to life, and those who find it are few.
15 “Beware of false prophets, who come to you in sheep's clothing but inwardly are ravenous wolves.

Read more...(to top)