Skip navigation and move to Contents...
Bible 2.0 Scripture explains itself Bible 2.0

<< >> Die Woord vir Dinsdag 5 Augustus 2025

Bybel in Afrikaans (1983-vertaling)

Nou-julle is vrygemaak van die sonde en in diens van God gestel en die vrug daarvan is dat julle geheilig word, en die uiteinde is die ewige lewe.

Romeine 6:22

Aan elkeen wat die oorwinning behaal, sal Ek te ete gee van die boom van die lewe, wat in die paradys van God is.

Openbaring 2:7

Romeine 6 (Bybel in Afrikaans (1983-vertaling))

19 Weens julle beperkte begrip gebruik ek 'n beeld uit die alledaagse lewe: soos julle elke deel van julle liggame in diens van sedelike onreinheid en wetteloosheid gestel het en losbandig gelewe het, so moet julle nou elke deel van julle liggame in diens van God stel om heilig te lewe.
20 Toe julle slawe van die sonde was, was julle nie in diens van God nie.
21 Wat was die vrug wat dié dinge waaroor julle nou skaam kry, tóé vir julle opgelewer het? Die uiteinde van dié dinge is die dood.
22 Maar nou-julle is vrygemaak van die sonde en in diens van God gestel en die vrug daarvan is dat julle geheilig word, en die uiteinde is die ewige lewe.
23 Die loon wat die sonde gee, is die dood; die genadegawe wat God gee, is die ewige lewe in Christus Jesus ons Here.

Read more...(to top)

Openbaring 2 (Bybel in Afrikaans (1983-vertaling))

4 Maar Ek het dít teen julle: julle het My nie meer so lief soos in die begin nie.
5 Dink daaraan hoe ver julle al agteruitgegaan het. Bekeer julle en doen weer wat julle in die begin gedoen het. Anders, as julle julle nie bekeer nie, kom Ek na julle toe en sal Ek julle lamp van sy plek af wegvat!
6 Maar dít het julle darem in julle guns: julle verafsku wat die Nikolaïete doen, net soos Ek dit ook verafsku.
7 Elkeen wat kan hoor, moet luister na wat die Gees vir die gemeentes sê. Aan elkeen wat die oorwinning behaal, sal Ek te ete gee van die boom van die lewe, wat in die paradys van God is.
8 Skrywe aan die leraar van die gemeente in Smirna: So sê die Eerste en die Laaste, wat dood was en weer lewend geword het:
9 Ek ken julle verdrukking en julle armoede, en tog is julle ryk. Ek weet ook van die kwaadstokery van die mense wat daarop aanspraak maak dat hulle Jode is, en dit nie is nie, maar tot die sinagoge van die Satan behoort.
10 Moenie bang wees vir wat julle alles gaan ly nie. Kyk, die duiwel gaan party van julle in die tronk laat gooi, sodat julle in beproewing sal kom, en julle sal tien dae lank baie swaar kry. Bly getrou tot die dood toe, en Ek sal julle die lewe as kroon gee.

Read more...(to top)

Other Bible Editions

Select...

English Standard Version

Now that you have been set free from sin and have become slaves of God, the fruit you get leads to sanctification and its end, eternal life.

Romans 6:22

He who has an ear, let him hear what the Spirit says to the churches. To the one who conquers I will grant to eat of the tree of life, which is in the paradise of God.

Revelation 2:7

Romeine 6 (English Standard Version)

19 I am speaking in human terms, because of your natural limitations. For just as you once presented your members as slaves to impurity and to lawlessness leading to more lawlessness, so now present your members as slaves to righteousness leading to sanctification.
20 For when you were slaves of sin, you were free in regard to righteousness.
21 But what fruit were you getting at that time from the things of which you are now ashamed? For the end of those things is death.
22 But now that you have been set free from sin and have become slaves of God, the fruit you get leads to sanctification and its end, eternal life.
23 For the wages of sin is death, but the free gift of God is eternal life in Christ Jesus our Lord.

Read more...(to top)

Openbaring 2 (English Standard Version)

4 But I have this against you, that you have abandoned the love you had at first.
5 Remember therefore from where you have fallen; repent, and do the works you did at first. If not, I will come to you and remove your lampstand from its place, unless you repent.
6 Yet this you have: you hate the works of the Nicolaitans, which I also hate.
7 He who has an ear, let him hear what the Spirit says to the churches. To the one who conquers I will grant to eat of the tree of life, which is in the paradise of God.’
8 “And to the angel of the church in Smyrna write: ‘The words of the first and the last, who died and came to life.
9 “‘I know your tribulation and your poverty (but you are rich) and the slander of those who say that they are Jews and are not, but are a synagogue of Satan.
10 Do not fear what you are about to suffer. Behold, the devil is about to throw some of you into prison, that you may be tested, and for ten days you will have tribulation. Be faithful unto death, and I will give you the crown of life.

Read more...(to top)