Skip navigation and move to Contents...
Bible 2.0 Scripture explains itself Bible 2.0

<< >> Die Woord vir Woensdag 9 Julie 2025

Bybel in Afrikaans (1983-vertaling)

Wie uit sy eie praat, soek sy eie eer; maar Hy wat die eer soek van die Een wat Hom gestuur het, is geloofwaardig, en daar is niks oneerliks in Hom nie.

Johannes 7:18

Ek weet alles wat julle doen. Kyk, Ek het 'n deur voor julle oopgesluit en niemand kan dit weer toesluit nie. Ek weet dat julle min krag het, en tog het julle aan my boodskap vasgehou en My nie verloën nie.

Openbaring 3:8

Johannes 7 (Bybel in Afrikaans (1983-vertaling))

15 Die Jode was verbaas en het gesê: "Waar kom hy aan die geleerdheid? Hy het dan geen opleiding gehad nie!"
16 Jesus het vir hulle gesê: "Wat Ek die mense leer, kom nie van Myself af nie, maar van Hom wat My gestuur het.
17 As iemand gewillig is om die wil van God te doen, sal hy weet of hierdie leer van God af kom, en of Ek uit my eie praat.
18 Wie uit sy eie praat, soek sy eie eer; maar Hy wat die eer soek van die Een wat Hom gestuur het, is geloofwaardig, en daar is niks oneerliks in Hom nie.
19 Het Moses nie die wet vir julle gegee nie? En tog hou nie een van julle die wet nie. Waarom wil julle My dan doodmaak?"
20 "Jy is van die duiwel besete!" het die mense uitgeroep. "Wie wil jou doodmaak?"
21 Jesus het toe verder vir hulle gesê: "Julle is almal ontsteld oor een ding wat Ek gedoen het.

Read more...(to top)

Openbaring 3 (Bybel in Afrikaans (1983-vertaling))

5 Elkeen wat die oorwinning behaal, sal sulke wit klere dra. Ek sal nooit sy naam uit die boek van die lewe uithaal nie, en Ek sal voor my Vader en voor sy engele verklaar dat hy aan My behoort.
6 Elkeen wat kan hoor, moet luister na wat die Gees vir die gemeentes sê.
7 Skrywe aan die leraar van die gemeente in Filadelfia: So sê die Heilige, die Ware God, Hy wat die sleutel van Dawid het, wat die deur oopsluit en niemand sal dit weer toesluit nie, en dit toesluit en niemand sluit dit weer oop nie:
8 Ek weet alles wat julle doen. Kyk, Ek het 'n deur voor julle oopgesluit en niemand kan dit weer toesluit nie. Ek weet dat julle min krag het, en tog het julle aan my boodskap vasgehou en My nie verloën nie.
9 Kyk, Ek beskik dat van die lede van die sinagoge van die Satan, die mense wat daarop aanspraak maak dat hulle Jode is, en dit nie is nie, maar lieg-kyk, Ek sal maak dat hulle kom en voor julle kniel en erken dat Ek julle liefhet.
10 Omdat julle aan die boodskap van my volharding in lyding vasgehou het, sal Ek julle ook vashou in die tyd van beproewing wat oor die hele wêreld gaan kom om die bewoners van die aarde op die proef te stel.
11 Ek kom gou. Hou vas wat julle het, sodat niemand julle kroon wegvat nie.

Read more...(to top)

Other Bible Editions

Select...

English Standard Version

The one who speaks on his own authority seeks his own glory; but the one who seeks the glory of him who sent him is true, and in him there is no falsehood.

John 7:18

I know your works. Behold, I have set before you an open door, which no one is able to shut. I know that you have but little power, and yet you have kept my word and have not denied my name.

Revelation 3:8

Johannes 7 (English Standard Version)

15 The Jews therefore marveled, saying, “How is it that this man has learning, when he has never studied?”
16 So Jesus answered them,
“My teaching is not mine, but his who sent me.
17 If anyone's will is to do God's will, he will know whether the teaching is from God or whether I am speaking on my own authority.
18 The one who speaks on his own authority seeks his own glory; but the one who seeks the glory of him who sent him is true, and in him there is no falsehood.
19 Has not Moses given you the law? Yet none of you keeps the law. Why do you seek to kill me?”
20 The crowd answered, “You have a demon! Who is seeking to kill you?”
21 Jesus answered them,
“I did one work, and you all marvel at it.

Read more...(to top)

Openbaring 3 (English Standard Version)

5 The one who conquers will be clothed thus in white garments, and I will never blot his name out of the book of life. I will confess his name before my Father and before his angels.
6 He who has an ear, let him hear what the Spirit says to the churches.’
7 “And to the angel of the church in Philadelphia write: ‘The words of the holy one, the true one, who has the key of David, who opens and no one will shut, who shuts and no one opens.
8 “‘I know your works. Behold, I have set before you an open door, which no one is able to shut. I know that you have but little power, and yet you have kept my word and have not denied my name.
9 Behold, I will make those of the synagogue of Satan who say that they are Jews and are not, but lie—behold, I will make them come and bow down before your feet and they will learn that I have loved you.
10 Because you have kept my word about patient endurance, I will keep you from the hour of trial that is coming on the whole world, to try those who dwell on the earth.
11 I am coming soon. Hold fast what you have, so that no one may seize your crown.

Read more...(to top)