Skip navigation and move to Contents...
Bible 2.0 Scripture explains itself Bible 2.0

<< >> Die Woord vir Maandag 21 April 2025

Bybel in Afrikaans (1983-vertaling)

Na U toe sal die nasies kom van die uithoeke van die aarde af en hulle sal sê: "Ons voorvaders het net vals gode gehad, nikswerd en nutteloos."

Jeremia 16:19

Ook mense wat nie Jode is nie, word saam met ons deel van die volk van God en lede van die liggaam van Christus, en kry hulle ook saam met ons deel aan wat God belowe het.

Efesiërs 3:6

Jeremia 16 (Bybel in Afrikaans (1983-vertaling))

16 Ek gaan baie vissers laat kom, sê die Here, en hulle sal die Israeliete vang. Daarna gaan Ek baie jagters laat kom, en dié sal op die Israeliete jag maak op elke berg en elke heuwel, in al die klipskeure.
17 Ek sien alles wat die Israeliete doen, niks is vir My verborge nie, hulle oortredings kan nie vir My weggesteek word nie.
18 Ek gaan hulle eers dubbel laat boet vir hulle oortredings en hulle sonde, want hulle het my land met hulle afstootlike dooie gode ontwy, hulle het my eie land volgemaak met hulle afskuwelike afgode.
19 Here, my Sterkte, my Beskermer, my Toevlug in tyd van nood, na U toe sal die nasies kom van die uithoeke van die aarde af en hulle sal sê: "Ons voorvaders het net vals gode gehad, nikswerd en nutteloos."
20 Kan 'n mens vir hom gode maak? Dit is mos nie gode nie!
21 Daarom sal Ek die nasies my mag en my krag laat ken; dié keer sal Ek hulle dit laat ken, en hulle sal weet dat my Naam die Here is.

Read more...(to top)

Efesiërs 3 (Bybel in Afrikaans (1983-vertaling))

3 Hy het sy geheimenis deur 'n openbaring aan my bekend gemaak, soos ek dit hierbo kortliks beskrywe het,
4 en as julle dit lees, sal julle 'n begrip kry van my insig in die geheimenis van Christus.
5 Nog nooit tevore in die geskiedenis is die geheimenis aan die mensdom bekend gemaak soos God dit nou deur die Gees aan sy heilige apostels en profete geopenbaar het nie.
6 En dít is die geheimenis: deur die verkondiging van die evangelie en in hulle verbondenheid met Christus Jesus, word ook mense wat nie Jode is nie, saam met ons deel van die volk van God en lede van die liggaam van Christus, en kry hulle ook saam met ons deel aan wat God belowe het.
7 Van hierdie evangelie het ek 'n dienaar geword, 'n voorreg wat God in sy genade aan my gegee het deur sy krag in my te laat werk.
8 Hoewel ek die geringste van al die gelowiges is, het Hy aan my hierdie voorreg gegee om aan die heidennasies die evangelie van die onpeilbare rykdom van Christus te verkondig.
9 Ek moet aan almal bekend maak hoe God, die Skepper van alle dinge, nou sy verborge plan uitvoer nadat Hy dit deur al die eeue geheim laat bly het.

Read more...(to top)

Other Bible Editions

Select...

English Standard Version

To you shall the nations come from the ends of the earth and say: Our fathers have inherited nothing but lies, worthless things in which there is no profit.

Jeremiah 16:19

The Gentiles are fellow heirs, members of the same body, and partakers of the promise in Christ Jesus through the gospel.

Ephesians 3:6

Jeremia 16 (English Standard Version)

16 “Behold, I am sending for many fishers, declares the Lord, and they shall catch them. And afterward I will send for many hunters, and they shall hunt them from every mountain and every hill, and out of the clefts of the rocks.
17 For my eyes are on all their ways. They are not hidden from me, nor is their iniquity concealed from my eyes.
18 But first I will doubly repay their iniquity and their sin, because they have polluted my land with the carcasses of their detestable idols, and have filled my inheritance with their abominations.”
19 O Lord, my strength and my stronghold,
my refuge in the day of trouble,
to you shall the nations come
from the ends of the earth and say:
“Our fathers have inherited nothing but lies,
worthless things in which there is no profit.
20 Can man make for himself gods?
Such are not gods!”
21 “Therefore, behold, I will make them know, this once I will make them know my power and my might, and they shall know that my name is the Lord.”

Read more...(to top)

Efesiërs 3 (English Standard Version)

3 how the mystery was made known to me by revelation, as I have written briefly.
4 When you read this, you can perceive my insight into the mystery of Christ,
5 which was not made known to the sons of men in other generations as it has now been revealed to his holy apostles and prophets by the Spirit.
6 This mystery is that the Gentiles are fellow heirs, members of the same body, and partakers of the promise in Christ Jesus through the gospel.
7 Of this gospel I was made a minister according to the gift of God's grace, which was given me by the working of his power.
8 To me, though I am the very least of all the saints, this grace was given, to preach to the Gentiles the unsearchable riches of Christ,
9 and to bring to light for everyone what is the plan of the mystery hidden for ages in God who created all things,

Read more...(to top)