Die Woord vir Donderdag 4 Desember 2025
Ná Jesus se opstanding vroeg die Sondagmôre, het Hy heel eerste aan Maria Magdalena verskyn, uit wie Hy vantevore sewe bose geeste uitgedrywe het. Sy het dit vir sy dissipels gaan vertel wat oor Hom getreur en gehuil het.
Markus 16:9-10
Hiervoor het Christus gesterf en weer lewend geword: om Here te wees van die dooies en die lewendes.
Romeine 14:9
Bybeltekste Bybel in Afrikaans (C) Aanhalings uit die Bybel in Afrikaans (1983-vertaling) met verlof van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika. https://www.bybelgenootskap.co.za/