Die Woord vir Saterdag 6 Junie 2026

Skielik was daar 'n geluid uit die hemel soos van 'n geweldige stormwind, en dit het die hele vertrek gevul waar hulle gesit het. Hulle het iets soos vuur gesien wat in tonge verdeel en op elkeen van hulle gekom het.

Handelinge 2:2-3

Almal wat hulle deur die Gees van God laat lei, is kinders van God.

Romeine 8:14